<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede

Module 11

Leierskap en bestuurstrategieë om wins te verseker

Aktiwiteit 1:

Om die term wins te verduidelik en toe te pas

LU 3.2

Die aard van wins

Wins kan gesien word as die verskil tussen ’n onderneming se inkomste en uitgawes.

Dit is die oorskot van inkomste wat verdien is bo die uitgawes wat aangegaan is om die inkomste voort te bring.

Enige persoon wat ’n onderneming begin se hoofdoelwit is om maksimum wins te realiseer. Hierdie wins kan gesien word as die eienaar se vergoeding vir die gebruik van sy kapitaal. Die wins wat hy maak, moet beduidend meer wees as die rente wat hy sou verdien indien hy hierdie geld in die bank sou belê.

Dit is dus belangrik dat die onderneming op so ’n manier bestuur word dat ’n goeie opbrengs op die eienaar se kapitaalbelegging in sy onderneming verseker word.

Die bepaling van wins

Ten einde die wins te bepaal, word sekere inligting omtrent die onderneming benodig. Dit word verkry uit ’n staat wat gewoonlik aan die einde van die finansiële jaar opgestel word. Die staat bevat die inkomste wat gedurende ’n sekere periode verkry is, asook die uitgawes wat aangegaan is om die inkomste voort te bring. Hierdie staat word ’n Inkomstestaat genoem.

Vir winsbepalingsdoeleindes kan ondernemings volgens die aard van hul aktiwiteite, in twee hoofgroepe verdeel word naamlik:

  • diensondernemings; en
  • handelsondernemings

Diensondernemings lewer ’n diens en verkry sodoende ’n inkomste, byvoorbeeld haarkappers, loodgieters, droogskoonmaakondernemings, mediese praktisyns, tandartse, ensovoorts.

Handelsondernemings koop handelsware aan en verkoop dit teen ’n hoër bedrag as die aankoopprys om sodoende ’n wins te maak.

Die wins van hierdie ondernemings kan deur ’n eenvoudige aftreksom bepaal word,naamlik:

  • Wins = Inkomste – Uitgawe
  • Verduidelik in jou eie woorde wat jy onder die term wins verstaan:

Aktiwiteit 2:

Om strategieë vir die versekering van goeie wins op opbrengs te bespreek

LU 3.2

Goeie leierskap en bestuurstrategieë sal daarop gerig wees om die onderneming se uitgawes so laag as moontlik te hou en terselfdertyd maksimum inkomste te realiseer.

Dit kan onder andere gedoen word deur streng kontrole oor uitgawes soos telefoon, water en elektrisiteit, vervoerkoste, skryfbehoeftes en advertensies uit te oefen. Dié uitgawes moet maandeliks vergelyk word en indien daar ’n beduidende afwyking voorkom, moet die oorsaak opgespoor en reggestel word.

Terselfdertyd moet gepoog word om die inkomste so hoog as moontlik te hou.

In die geval van ’n diensonderneming moet uitmuntende diens te alle tye gelewer word omdat tevrede kliënte die beste advertensie vir enige onderneming is.

By handelsondernemings moet die laagste moontlike aankoopprys en die hoogste moontlike verkoopprys beding word. By die bepaling van die verkoopprys moet ondernemings wat in dieselfde produkte handel dryf se verkooppryse in aanmerking geneem word.

’n Kleiner winsgrens op die korttermyn kan moontlik ’n meer standhoudende wins op die langtermyn verseker.

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask