Ekonomiese en bestuurswetenskappe
Graad 9
Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede
Module 23
OPSTEL VAN ‘N PROEFBALANS
Afdeling 3: Proefbalans
AKTIWITEIT1:
Om ’n proefbalans op te stel
[LU 3.3]
Nadat die grootboekrekeninge voltooi is, word die rekeninge afgesluit en oorgedra na ’n Proefbalans.
Rekeninge wat slegs inskrywings aan die debiet- of kredietkant het, word slegs opgetel om ’n totaal te verkry.
Rekeninge met inskrywings aan die debiet- en kredietkant word gesaldeer. Dit beteken ’n saldo wat die verskil is tussen die twee kante, word bereken byvoorbeeld:
Bankrekening | |||||||||||
2003 | 2003 | ||||||||||
Nov. | 30 | Totale ontvangste | KOJ | 20 698 | 00 | Nov. | 30 | Totale betalings | KBJ | 15 633 | 00 |
30 | Saldo | o/d | 5 065 | 00 | |||||||
20 698 | 00 | 20 698 | 00 | ||||||||
Des. | 1 | Saldo | a/b | 5 065 | 00 |
Die afgebringde saldo’s en totale word oorgedra na die Proefbalans.
- ’n Proefbalans is ’n lys van saldo’s en totale wat opgestel word om te bepaal of die debietkant of kredietkant gelyk is aan mekaar en sodoende te kontroleer of die dubbelinskrywingsbeginsel vir elke transaksie toegepas is.
Alhoewel die Proefbalans aandui dat daar vir elke debietinskrywing ’n kredietinskrywing gemaak is, is daar sekere foute wat nie deur die proefbalans aangetoon sal word nie. ’n Proefbalans wat balanseer kan dus nie in alle gevalle as bewys van korrektheid aanvaar word nie.
- Hier volg ’n voorbeeld van ’n Proefbalans.
PROEFBALANS VAN RANDOM WINKELS OP 30 JUNIE 2003
Dt. | Kt. | ||
Balansstaatafdeling | |||
Kapitaal | B1 | 199 322 | |
Onttrekkings | B2 | 15 000 | |
Grond en Geboue | B3 | 105 000 | |
Voertuie | B4 | 28 000 | |
Toerusting | B5 | 32 125 | |
Handelsvoorraad | B6 | 45 310 | |
Debiteurekontrole | B7 | 12 180 | |
Bank | B8 | 11 754 | |
Wisselgeld | B9 | 600 | |
Kleinkas | B10 | 250 | |
Krediteurekontrole | B11 | 15 994 | |
Nominale Rekeninge-afdeling | |||
Verkope | N1 | 350 000 | |
Koste van verkope | N2 | 250 000 | |
Eiendomsbelasting | N3 | 4 210 | |
Versekering | N4 | 3 850 | |
Water en elektrisiteit | N5 | 4 952 | |
Telefoon | N6 | 4 810 | |
Skryfbehoeftes | N7 | 2 750 | |
Herstelwerk | N8 | 5 325 | |
Lone | N9 | 18 000 | |
Salarisse | N10 | 26 000 | |
Huurinkomste | N11 | 4 800 | |
Totale | 570 116 | 570 116 | |
OPDRAG 1 : Proefbalans
- Gebruik die voltooide grootboekrekeninge van Enslin Handelaars (Aktiwiteit 3.6 Opdrag 9).
- Saldeer die rekeninge, kry totale en stel ’n Proefbalans op.
LU 3.3 | ||||
OPDRAG 2 : Hulpjoernale, Grootboek en Proefbalans
- P. Hatting begin op 1 April 2003 sy onderneming, Hatting Handelaars, met ’n kapitaalbydrae van R105 000.
1. Boekstaaf die transaksies vir April in die volgende hulpjoernale: KOJ 3.7.1, KBJ 3.7.1, DJ 3.7.1 en KJ 3.7.1
2. Sluit die joernale aan die einde van die maand af
3. Boek oor na die grootboekrekeninge en toon folionommers
4. Saldeer die rekeninge of kry totale waar nodig
5. Stel ’n proefbalans op aan die einde van April
- Transaksies : April 2003
- Duplikaat van kwitansies uitgereik
DATUM | AAN WIE UITGEREIK, REDE | BEDRAG |
2003 | ||
April 1 | P. Hatting, vir kapitaalbydrae | R105 000 |
7 | V. Jansen, om sy skuld te vereffen | R 660 |
Blommie Bloemiste, vir huurinkomste | R 500 | |
14 | D. Coetzee, betaling op rekening | R 300 |
21 | G. Ferreira, betaling op rekening | R 200 |
28 | V. Jansen, om die bedrag van die faktuur op 17 April uitgereik, te betaal | R 246 |
- Kontantverkope van goedere volgens kasregisterrol
DATUM | VERKOPE | KOSTE VAN VERKOPE |
2003 | ||
April 7 | R5 800 | R4 600 |
17 | R3 820 | R2 440 |
21 | R7 620 | R5 740 |
28 | R1 944 | R1 406 |