Ekonomiese en bestuurswetenskappe
Graad 9
Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede
Module 20
Om betalings aan krediteure te boekstaaf
AKTIWITEIT1:
Om betalings aan krediteure te boekstaaf
[LU 3.3]
Wanneer die verskuldigde bedrae aan krediteure betaal word, word ’n tjek uitgereik wat as brondokument dien. Die inskrywing word in die KBJ opgeteken in ’n ekstra kolom met die opskrif: Krediteurekontrole.
Die transaksie se effek op die rekeningkundige vergelyking is soos volg:
- Bates – (Bank verminder)
- Laste – (Krediteure verminder)
OPDRAG 1: Krediteurejoernaal en Kontantbetalingsjoernaal
- Teken die volgende inligting van Marais Handelaars aan in KJ 3.4.1 vir Maart en KJ 3.4.2 vir April 2003 en KBJ 3.4.1 vir April 2003. Oorspronklike fakture van leweransiers ontvang, is hernommer:
2003
Maart 3 No. 316 van Bengo Groothandelaars vir handelsware, R1 560
4 No. 317 van Situ en Kie vir verpakkingsmateriaal, R625
5 No. 318 van Banda Bpk. vir herstelwerk aan voertuig, R380
6 No. 319 van Pento en Seun vir skryfbehoeftes, R345
10 No. 320 van Pento en Seun vir advertensieplakkate, R258
20 No. 321 van Bengo Groothandelaars vir handelsware, R780
2003
April 4 No. 322 van Situ en Kie. vir handelsware, R560
8 No. 323 van Bergtuin Motors vir afleweringsvoertuig, R7 500
12 No. 324 van Banda Bpk. vir herstelwerk aan afleweringsvoertuig, R330
16 No. 325 van Pento en Seun vir skryfbehoeftes, R280
20 No. 326 van Bengo Groothandelaars vir handelsware, R757
- Tjekteenblaaie
2003
April 2 No. 642 aan Bengo Groothandelaars ter vereffening van rekening, R2 340
3 No. 643 aan Pento en Seun ter vereffening van hul rekening, R603
6 No. 644 aan die Munisipaliteit vir water en elektrisiteit, R110
8 No. 645 aan Situ en Kie. ter vereffening van die rekening, R625
10 No. 646 aan Boland Groothandelaars vir handelsware, R950
14 No. 647 kontant vir lone, R210
15 No. 648 kontant vir persoonlike gebruik deur die eienaar, R500
18 No. 649 aan Maxi Voorsieners vir die volgende:
Handelsware, R600
Kasregister, R400
20 No. 650 aan Flink Drukkers vir advertensieplakkate, R235
30 No. 651 aan die bestuurder, M. Meintjies, vir salaris, R1 250
KONTANTBETALINGSJOERNAAL VAN MARAIS HANDELAARS - APRIL 2003 KBJ 3.4.1
Dok. | Dag | Naam van begunstigde | Fol. | Bank | Krediteure-kontrole | Handelsvoorraad | Lone |
Diverse rekeninge | ||
Bedrag | Fol. | Besonderhede |
KREDITEUREJOERNAAL VAN MARAIS HANDELAARS – MAART 2003 KJ 3.4.1
Fak-tuur | Dag | Krediteure | Fol. | Krediteure-kontrole | Handels-voorraad | Skryfbe-hoeftes | Voertuig-onkoste | Verpakkingsmateriaal |
Diverse rekeninge | ||
Bedrag | Fol. | Besonderhede |
KREDITEUREJOERNAAL VAN MARAIS HANDELAARS – APRIL 2003 KJ 3.4.2
Faktuur | Dag | Krediteure | Fol. | Krediteurekontrole | Handelsvoorraad | Skryfbehoeftes | Voertuigonkoste |
Diverse rekeninge | ||
Bedrag | Fol. | Besonderhede |
OPDRAG 2:
- Voltooi onderstaande transaksies in die korrekte hulpjoernale. Sluit af deur die kolomtotale te bereken. (Gebruik KOJ 3.4.1, KBJ 3.4.2, DJ 3.4.1 en KJ 3.4.3).
November
1 A. Enslin, die eienaar, stort kapitaalbydrae ter waarde van R20 000 – Kwitansie 001 word aan hom uitgereik
Koop toerusting ter waarde van R2 630 van Pronto Bpk. en kredietfaktuur nommer 100 (hernommer) word ontvang saam met die aankope