Ekonomiese en bestuurswetenskappe
Graad 9
Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede
Module 19
Om betalings van debiteure te boekstaaf
AKTIWITEIT1:
Om betalings ontvang vanaf debiteure te boekstaaf
[LU 3.3]
Wanneer debiteure hulle skuld betaal, word die kontant wat ontvang word in die KOJ aangeteken. Daar word voorsiening gemaak vir ’n ekstra kolom in die KOJ met die opskrif Debiteurekontrole.
Daar word ’n kwitansie aan die debiteur uitgereik as bewys dat die geld ontvang is en dit dien as brondokument vir die inskrywing.
Die transaksie se effek op die rekeningkundige vergelyking is soos volg:
- Bates + (Kontant in bank vermeerder)
- Bates – (Debiteure se skuld verminder)
OPDRAG 1:
- Voltooi die Kontantontvangstejoernaal (KOJ) en Debiteurejoernaal (DJ) van Highway Handelaars in terme van die inligting hieronder:
- Highway Handelaars verkoop handelsware op krediet en vir kontant.
- Die volgende transaksies moet in DJ 3.3.1 vir Mei en DJ 3.3.2 vir Junie 2003 en KOJ 3.3.1 vir Junie 2003 aangeteken word.
Mei 2003
3 Verkoop handelsware op krediet aan S. Weston vir R320 en reik fakt. No. 141 uit (kp. R256)
8 Reik faktuur 142 uit aan A. Niemand vir goedere op krediet verkoop R240 (kp. R192)
10 Verkoop handelsware op krediet aan H. Olwage vir R160 en reik faktuur 143 uit (kp. R128)
12 Verkoop handelsware op krediet aan:
S. Selby vir R280 fakt. 144 (kp. R224)
W. Willow vir R120 fakt. 145 (kp. R96)
Junie 2003
3 Ontvang ’n tjek van S. Weston vir R320, reik kwitansie 61 uit
Kontantverkope van handelsware, R4 000 (kp. R3 200)
5 Ontvang R160 kontant van H. Olwage en reik kwitansie 62 aan hom uit
Kontantverkope van handelsware, R1 600 (kp. R1 280)
6 Ontvang S. Selby se tjek vir R280 en reik kwitansie 63 uit
Kontantverkope van handelsware, R1 200 (kp. R960)
14 Verkoop handelsware op krediet aan:
W. Willow vir R80 fakt. 146 (kp. R64)
A. Niemand vir R40 fakt. 147 (kp. R32)
24 Verskaf handelsware op krediet aan:
S. Selby tesame met fakt. 148 R120 (kp. R96)
30 Kontantverkope van handelsware, R4 800 (kp. R3 840)
Debiteurejoernaal van highway handelaars – mei 2003dj 3.3.1
Faktuur | Dag | Debiteure | Fol. | Verkope | Koste van verkope |
Debiteurejoernaal van highway handelaars – junie 2003dj 3.3.2
Fak-tuur | Dag | Debiteure | Fol. | Verkope | Koste van verkope |
Kontantontvangstejoernaal van highway handelaars - junie 2003koj 3.3.1
Dok. | Dag | Besonderhede | Fol. | Ontleding | Bank | Verkope | Koste van verkope | Debiteurekontrole |
Diverse rekeninge | ||
Bedrag | Fol. | Besonderhede |
Assessering
LU 3 |
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Ons weet dit as die leerder: |
3.1 ‘n basiese inkomstestaat en balansstaat vir ‘n diensverskaffings- en kleinhandelbesigheid opstel; |
3.2 verskillende sakeondernemings se strategieë en optrede ondersoek ten opsigte van openbare betrekkinge, sosiale verantwoordelikheid en omgewingsverantwoordelikheid; |
3.3 kontant- en krediettransaksies in die boeke van diens- en kleinhandelondernemings doen; |
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om sakedokumente te ontwikkel, te bewaar, te herwin en te redigeer; |
3.5 finansiële state ontleed vir besluitneming op ‘n basiese vlak; |
3.6 tussen verskeie vorms van kredietaankope en metodes van betaling kan onderskei. |
Memorandum
AKTIWITEIT 1
Debiteurejoernaal van highway handelaars - mei 2003 dj 3.3.1
Fak-tuur | Dag | Debiteure | Fol | Verkope | Koste van verkope |
141 | 3 | S. Weston | 320 | 256 | |
142 | 8 | A. Niemand | 240 | 192 | |
143 | 10 | H. Olwage | 160 | 128 | |
144 | 12 | S. Selby | 280 | 224 | |
145 | W. Willow | 120 | 96 | ||
1 120 | 896 | ||||
B2/N1 | B1/N2 |
Debiteurejoernaal van highway handelaars - junie 2003 dj 3.3.2
Fak-tuur | Dag | Debiteure | Fol | Verkope | Koste van verkope |
146 | 14 | W. Willow | 80 | 64 | |
147 | A. Niemand | 40 | 32 | ||
148 | 24 | S. Selby | 120 | 96 | |
240 | 192 | ||||
B2/N1 | B1/N2 |
AKTIWITEIT 1
Kontantontvangstejoernaal van highway handelaars - junie 2003koj 3.3.1
Dok | Dag | Besonderhede | Fol | Ontleding | Bank | Verkope | Koste vanverkope | Debiteure-kontrole |
Diverse rekeninge | ||
Bedrag | Fol | Besonderhede |