This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Tegnologie
Graad 7
Strukture en kommunikasie
Module 24
Maak jou eie sweefstokarties
opdrag:
Om jou eie sweefstokarties te maak
LU/AS 2.2 | ||||
Benodigdhede:
- dik karton
- ‘n drukspyker
- ‘n skêr
- viltpenne
- sterk gom
- draad
- 2 polistireenballetjies
- ‘n groot glas
- Koeldrankbottel
Metode:
1. Teken die vorm van die mannetjie op ‘n stuk dik karton oor. Knip dit versigtig uit met ‘n skêr.
2. Kleur hom aan die voor en agterkant met viltpenne in. Gom ‘n drukspyker aan die onderkant van die karton vas.
3. Knip ‘n lengte draad met ‘n draadtang af en gom dit aan die mannetjie vas met ‘n gompistool
4. Gom twee polistireenballetjies aan die twee punte van die draad vas.
5. Balanseer die mannetjie versigtig bo-op ‘n groot bottel. Die mannetjie behoort te balanseer.
LAS- EN VOEGTEGNIEKE
Papier/ karton | Gom, skuifspelde, krammasjien,spleetspelde, wasters, gare of tou |
Kledingstof | Kledingstofgom plak lap op lap, PVA-gom plak lap op papier, karton of hout; gare, vasmaakmiddels (knope, velcro, ritssluiters, hakies en ogies, drukknopies, veters, linte) |
Hout | Spykers, skroewe, voeë, houtlym |
Metaal | Skroewe, moere en boute, soldeersel, gom, klinknaels |
Plastiek | Gom, skroewe |
Assessering
LU 2 |
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas. |
verwerking:2.2 kennis en begrip toon van hoe stowwe/materiaal verwerk kan word om eienskappe te verander of te verbeter (bv. sterkte, brandbestandheid, waterdigtheid, smaak, volume, tekstuur |
OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.