This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

4.5 Maak jou eie sweefstokarties

Tegnologie

Graad 7

Strukture en kommunikasie

Module 24

Maak jou eie sweefstokarties

opdrag:

Om jou eie sweefstokarties te maak

LU/AS 2.2

Benodigdhede:

  • dik karton
  • ‘n drukspyker
  • ‘n skêr
  • viltpenne
  • sterk gom
  • draad
  • 2 polistireenballetjies
  • ‘n groot glas
  • Koeldrankbottel

Metode:

1. Teken die vorm van die mannetjie op ‘n stuk dik karton oor. Knip dit versigtig uit met ‘n skêr.

2. Kleur hom aan die voor en agterkant met viltpenne in. Gom ‘n drukspyker aan die onderkant van die karton vas.

3. Knip ‘n lengte draad met ‘n draadtang af en gom dit aan die mannetjie vas met ‘n gompistool

4. Gom twee polistireenballetjies aan die twee punte van die draad vas.

5. Balanseer die mannetjie versigtig bo-op ‘n groot bottel. Die mannetjie behoort te balanseer.

LAS- EN VOEGTEGNIEKE

Papier/ karton Gom, skuifspelde, krammasjien,spleetspelde, wasters, gare of tou
Kledingstof Kledingstofgom plak lap op lap, PVA-gom plak lap op papier, karton of hout; gare, vasmaakmiddels (knope, velcro, ritssluiters, hakies en ogies, drukknopies, veters, linte)
Hout Spykers, skroewe, voeë, houtlym
Metaal Skroewe, moere en boute, soldeersel, gom, klinknaels
Plastiek Gom, skroewe

Assessering

LU 2
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
verwerking:2.2 kennis en begrip toon van hoe stowwe/materiaal verwerk kan word om eienskappe te verander of te verbeter (bv. sterkte, brandbestandheid, waterdigtheid, smaak, volume, tekstuur
<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.