Natuurwetenskappe
Graad 4
Lewe en lewenswyse
Module 11
Rooibostee
Rooibostee
Die rooibosplant is ‘n baie nuttige plant, met wonderlike eienskappe. Die tee wat .
daaruit gemaak word, word nie net gedrink nie, maar kan ook in die skoonheidswêreld met groot sukses gebruik word. Luister mooi na die les wat jou onderwyser vir jou gee en stel dan ‘n geheuekaart oor rooibostee op.
Opdrag:
Teken ‘n rooibosteeplant in die middel van 'n vel papier.
Maak vier opskrifte rondom die tekening: Habitat, Groei, Versorging en Voorkoms.
Jou onderwyser gaan die feite op die bord skryf; jy moet dit probeer onthou en dan weergee.
Groepwerk:
Dek ‘n skinkbord en bedien tee aan julle onderwyser op die regte manier.
Memorandum
ROOIBOSTEE
Gee les, wys prente, ens.
Die geheuekaart is ‘n opsomming van wat hulle geleer het. Hulle word nou geleer om ‘n geheuekaart op te stel.
Opdrag :
- Teken ‘n rooibosteeplant in die middel van die bladsy
- Maak vier opskrifte rondom die tekening: Habitat, Groei, Versorging en Voorkoms
- Skryf die vier punte van habitat op die bord en laat hulle dit leer.
- Clanwilliam
- Sederberge
- Winterreën
- Sanderige grond
- Vee dit van die bord af, hulle skryf dit nou op hulle eie neer
- Doen dieselfde met die res, gedeelte vir gedeelte
Voorkoms
- Fyn plant
- Blare soos naalde
Groei
- Saad
- Saailing
- Plant
- Pluk
- Gerwe gebind
- Gekerf
- Droog
Versorging
- sensitiewe plant
- beskerm teen wind
- beskerm teen insekte
- beheer onkruid