This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

4.5 Beplan om 'n huis te bou

Natuurwetenskappe

Graad 4

Materie en stowwe

Module 55

Beplan om 'n huis te bou

Aktiwiteit:

Om te dink hoe om ‘n huis te bou

[lu 1.1.1, 1.2.2, 3.2]

Om huise te bou

Kom ons vertel gou die storie van die drie varkies. Teken dan die storie in strokiesverhaal-vorm. Hoeveel leerders is daar in julle klas? Trek dan soveel blokkies op ‘n groot stuk karton. Trek die grootte van die blokkies af op folio en gee vir elke kind een om ‘n prentjie te teken. Julle kan sien dat hierdie klasprojek baie goed beplan moet word, né!

Wat noem ons iemand wat huise, geboue en kantore ontwerp?

Die strooi en die stokkies van die eerste varkies het nie baie goed gewerk nie, maar die baksteenhuis van die derde varkie het wel. Watter afleiding kan ons hieruit maak?

Kom ons raak kreatief :

Werk drie saam in ‘n groep. Besluit watter tipe huis julle wil ontwerp, teken en dan bou. Besluit of dit ‘n formele of ‘n informele struktuur gaan wees. Gebruik enige afvalmateriaal. As julle hierdie eksperiment verder wil voer, kan julle die huise vir ‘n week lank buite neersit, of selfs ‘n waaier vir ‘n dag daaroor laat waai. Kyk watter struktuur die langste teen alle weerstoestande kan hou.

  1. Teken julle huis van bo af, soos op die tekening. Gebruik ‘n A4-papier daarvoor.

2. Skryf neer watter vertrekke julle alles in julle huis wil hê.

  1. Ontwerp jou meubeltjies wat jy in jou huis wil hê. Gebruik die prentjies as ‘n voorbeeld. Werk in groepe. Elke groep kies ‘n vertrek en maak daardie vertrek se meubeltjies van vuurhoutjiedosies of soortgelyke dosies.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die l eerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaarde

Dis duidelik wanneer die leerder

1.1 ondersoeke beplan, bv.:

1.1.1 stel aktiwiteite voor om met die materiaal te probeer doen.

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel, bv.:

1.2.2 toets eie idees uit van hoe materiaal moontlik sal reageer;

LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon .

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

3.2 die impak van wetenskap en tegnologie verstaan.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.