This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

4.4 Vesels en materiale

Natuurwetenskappe

Graad 4

Materie en stowwe

Graad 4

Vesels en materiale

Aktiwiteit:

Om die gebruik van materie, veral vesels en materiale, te ondersoek

[lu 1.2.1]

Ons kry verskillende soorte vesels: dié wat deur mense gemaak word en dié wat natuurlik is, bv. van plante en diere.

Wat noem ons mense wat klere ontwerp?

Die ontwerper moet bepaal wat die behoefte van ‘n kledingstuk is, voordat hulle dit ontwerp. As dit bv. vir brandweermanne ontwerp word, moet dit van materiaal gemaak word wat brandbestand is, of as dit mense teen koue moet beskerm, moet dit van dikker materiaal gemaak word.

Probeer klein stukkies van die volgende soorte materiale in die hande kry, plak dit op 'n vel papier en gee voorbeelde waar hierdie tipe kledingstukke gebruik sal word.

Wees nou kreatief en ontwerp ‘n spesiale hoed vir ‘n man wat:

1. in ‘n woestyn moet opgrawings doen;

2. in ‘n klam woud slange moet bestudeer;

3. in ‘n ondergrondse myn werk;

4. in ‘n konsert die rol van ‘n haas moet speel.

Skryf by elke prentjie die soort materiaal wat jy gaan gebruik, neer.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die l eerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel, bv.:

1.2.1 merk ooglopende veranderings of interessante besonderhede op en lewer kommentaar daarop.

Memorandum

Iemand wat klere ontwerp, is ‘n mode-ontwerper

  • Klein stukkies materiale:
  • Laat leerders self, of in groepe, besluit waar hierdie materiale gebruik sal word.
  • Hoed: teken ‘n ontwerp in elke blokkie
<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.