<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede

Module 24

Finansiële state: ontleding en gebruik vir besluitneming

AKTIWITEIT 1:

Om finansiële state te ontleed

[LU 3.5]

Die finansiële state word gebruik as maatstawwe om die finansiële toestand en die finansiële resultate van ’n onderneming te bepaal.

Finansiële syfers, soos vervat in die finansiële state, sê vir buitestaanders gewoonlik nie veel nie. Om dit nuttig te gebruik moet dit vergelyk word met die resultate van vorige jare of met die resultate van ander ondernemings wat dieselfde bedryf beoefen.

Verder is dit gerig op die bepaling van verhoudings en tendense.

Die volgende verhoudings kan gebruik word by besluitneming:

1. Likiditeit:

Dit is die vermoë van die onderneming om sy verpligtinge te kan nakom en word uitgedruk as die verhouding bedryfsbates teenoor bedryfslaste.

Bedryfsbates : Bedryfslaste

40 000 : 16 000

2,5 : 1

Dit dui ’n goeie likiditeit aan aangesien die norm 2:1 is.

2. Rentabiliteit:

Dit dui die winsgewendheid van die onderneming se fondse wat in hom belê is aan en word soos volg bereken.

NettoWins Kapitaal size 12{ { { size 11{"NettoWins"}} over { size 11{"Kapitaal"}} } } {} × 100 1 size 12{ { {"100"} over {1} } } {} 20 000 200 000 size 12{ { { size 11{"20"`"000"}} over { size 11{"200"`"000"}} } } {} × 100 1 size 12{ { {"100"} over {1} } } {} = 10%

Indien die persentasie beduidend hoër is as die huidige bankkoers van ±15% is die rentabiliteit goed.

3. Solvabiliteit:

Dit dui die mate aan waarin die onderneming se totale bates sy totale laste oorskry. Dit word as volg bereken.

Totale Bates : Totale Laste

50 000 : 20 000

2,5 : 1

Die solvabiliteit is goed aangesien die norm waaraan dit gemeet word gelyk is aan 2:1.

OPDRAG:

  • Maak gebruik van die inligting wat hieronder gegee word om die volgende te bepaal :

(a) Rentabiliteit

(b) Solvabiliteit

(c) Likiditeit

Lewer kommentaar op elkeen se antwoord en gee redes waarom dit goed of swak is.

  • Die Netto Wins van die onderneming is R35 000
  • Die kapitaal is R100 000
  • Vaste Bates is R90 000
  • Bedryfsbates is R30 000
  • Bedryfslaste is R10 000

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
3.1 ‘n basiese inkomstestaat en balansstaat vir ‘n diensverskaffings- en kleinhandelbesigheid opstel;
3.2 verskillende sakeondernemings se strategieë en optrede ondersoek ten opsigte van openbare betrekkinge, sosiale verantwoordelikheid en omgewingsverantwoordelikheid;
3.3 kontant- en krediettransaksies in die boeke van diens- en kleinhandelondernemings doen;
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om sakedokumente te ontwikkel, te bewaar, te herwin en te redigeer;
3.5 finansiële state ontleed vir besluitneming op ‘n basiese vlak;
3.6 tussen verskeie vorms van kredietaankope en metodes van betaling kan onderskei.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

(a) Rentabiliteit :

NW Kapitaal size 12{ { { ital "NW"} over { ital "Kapitaal"} } } {} × 100 1 size 12{ { {"100"} over {1} } } {}

35000 100000 size 12{ { {"35000"} over {"100000"} } } {} × 100 1 size 12{ { {"100"} over {1} } } {}

= 35%

Baie goeie rentabiliteit gemeet aan ‘n bankkoers van 15%.

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask