<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opsomming van data

Indien 'n datastel baie groot is, is dit nuttig om 'n aantal waardes te bereken wat 'n aanduiding gee van hoe die data versprei is en wat die middelwaarde van die datastel is.

Maatstawe van sentrale neiging

Gemiddeld

Die gemiddeld (ook bekend as die rekenkundige gemiddeld) is eenvoudig net die gemiddeld van 'n groep getalle (of 'n datastel) en word aangetoon deur van die strepie-simbool ¯ gebruik te maak. So, die rekenkundige gemiddeld van al die waardes van die veranderlike x is x ¯ . Die gemiddelde waarde van 'n stel waardes word bereken deur al die getalle by mekaar te tel en dan die som deur die aantal items in die stel te deel. Die gemiddeld word bereken deur die rou, ongegroepeerde, onverwerkte data te gebruik.

Gemiddeld

Die gemiddeld van die datastel x , aangetoon as x ¯ , is die gemiddeld van die datawaardes en word bereken as:

x ¯ = som van alle waardes aantal waardes = x 1 + x 2 + x 3 + ... + x n n

Metode: Berekening van die gemiddeld

  1. Vind die totaal van die datawaardes in die datastel.
  2. Tel hoeveel datawaardes daar in die datastel is.
  3. Deel die totaal deur die totale aantal datawaardes.

Wat is die gemiddeld van x = { 10 , 20 , 30 , 40 , 50 } ?

  1. 10 + 20 + 30 + 40 + 50 = 150
  2. Daar is 5 waardes in die datastel.

  3. 150 ÷ 5 = 30
  4. Die gemiddeld van die datastel x = { 10 , 20 , 30 , 40 , 50 } is 30.

Mediaan

Mediaan

Die mediaan van 'n datastel is die datawaarde in die sentrale posisie nadat die datastel gesorteer is van grootste tot kleinste of kleinste tot grootste waarde. Daar is 'n gelyke hoeveelheid datawaardes voor en na die mediaan in die gesorteerde stel.

Die mediaan word vanaf die rou, ongegroepeerde data bereken.

Metode: Berekening van die mediaan

  1. Sorteer die data van kleinste tot grootste of van grootste tot kleinste.
  2. Tel hoeveel datawaardes daar in die datastel is.
  3. Vind die datawaarde in die sentrale posisie in die gesorteerde stel.

Wat is die mediaan van { 10 , 14 , 86 , 2 , 68 , 99 , 1 } ?

  1. 1,2,10,14,68,86,99

  2. Daar is 7 waardes in die datastel.

  3. Die sentrale posisie van die datastel is 4.

  4. 14 is in die sentrale posisie van die datastel.

  5. 14 is die mediaan van die datastel { 1 , 2 , 10 , 14 , 68 , 86 , 99 } .

Hierdie voorbeeld het 'n moontlike probleem met die bepaling van die mediaan geïllustreer. Dit is baie maklik om die mediaan van 'n datastel met 'n onewe aantal datawaardes te bepaal, maar wat gebeur as daar 'n ewe aantal datawaardes in die datastel is?

Indien daar 'n onewe hoeveelheid datawaardes is, dan is die mediaan die gemiddeld van die middelste twee datawaardes in die gesorteerde datastel.

Hoe om die sentrale posisie van die datastel te vind

'n Maklike manier om die sentrale posisie of posisies van 'n gesorteerde datastel te vind is om die totale aantal datawaardes te neem, 1 by te tel, en dan met 2 te deel. As die getal wat jy kry 'n heelgetal is, dan is dit die sentrale posisie. As die getal 'n breuk is, neem die twee heelgetalle aan weerskante van die breuk as die posisies van die datawaardes waarvan die gemiddeld bereken moet word om die mediaan te bepaal.

Questions & Answers

what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
what is biology
daniel Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask