<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Uitkomste

Die uitkoms van ’n eksperiment is ’n enkele resultaat van daardie eksperiment.

  • ’n Moontlike uitkoms van Eksperiment 1: die waarde van die boonste vlak is ‘3’
  • ’n Moontlike uitkoms van Eksperiment 2: die totale waarde van die boonste vlakke is ‘9’

Steekproefruimte

Die steekproefruimte van ’n eksperiment is die volledige stel moontlike uitkomste van die eksperiment.

  • Eksperiment 1: die steekproefruimte is 1,2,3,4,5,6
  • Eksperiment 2: die steekproefruimte is 2,3,4,5,6,7,8,9,10,11,12

Interessante feit

Wanneer jy twee dobbelstene werp en die resultate sommeer, is die mees algemene uitkoms sewe. Om dit te verstaan, onthou dat daar net een manier bestaan waarop twee as ’n resultaat verkry kan word (beide stene land op een) en daar is slegs een manier om 12 as ’n resultaat te kry (beide stene land op ses). Die teenoorgestelde kante van ’n ses-kantige dobbelsteen sommeer na sewe. Van hierdie inligting moet jy kan uitredeneer dat daar 12 maniere bestaan waarop sewe verkry kan word.

Gebeurtenisse

’n Gebeurtenis is enige stel uitkomste van ’n eksperiment

  • ’n Moontlike gebeurtenis van Eksperiment 1: ’n ewe-nommer op die boonste vlak van die dobbelsteen
  • ’n Moontlike gebeurtenis van Eksperiment 2: die getalle op die boonste vlakke is gelyk

Ewekansige eksperimente

Die begrip ewekansige eksperiment of statistiese eksperiment word gebruik om enige herhaalbare proses te beskryf waarvan die resultate op een of ander manier ontleed is. Byvoorbeeld, die opskiet van ’n muntstuk en aantekening van die resultaat is ’n ewekansige eksperiment, want die proses is herhaalbaar. Aan die ander kant, jou lees van hierdie sin vir die eerste keer en aantekening van of jy dit verstaan of nie is nie ’n ewekansige eksperiment nie, omdat dit nie herhaalbaar is nie (indien jy wel ’n reeks verskeie mense vra om dit te lees en ’n aantekening te maak oor of hulle dit verstaan, al dan nie, sal dit ’n ewekansige eksperiment word).

Venn diagramme

’n Venn-diagram kan gebruik word om die verhouding tussen die moontlike uitkomste van ’n ewekansige eksperiment en die steekproefruimte te toon. Die Venn-diagram op [link] toon die verskil tussen die universele stel, ’n voorbeeldruimte en gebeure en hul uitkomste as deelversamelings van die steekproefruimte.

Diagram om die verskil tussen die universele stel en voorbeeldruimte uit te beeld. Die voorbeeldruimte bestaan uit alle moontlike uitkomste van ’n statistiese eksperiment en ’n gebeurtenis is 'n deelruimte van die voorbeeld ruimte.

Ons kan Venn-diagramme teken vir eksperimente met twee en drie gebeurtenisse. Hulle word gewys in [link] en [link] . Venn-diagramme vir eksperimente met meer as drie gebeurtenisse is meer kompleks en word nie op hierdie vlak behandel nie.

Venn-diagram vir ’n eksperiment met twee gebeurtenisse.
Venn-diagram vir ’n eksperiment met drie gebeurtenisse.

Interessante feit

Die Grieks-, Russiese- en Latynse-alfabet kan geïllustreer word deur middel van Venn-diagramme. Al drie hierdie alfabette het sommige gemene letters. Die Venn-diagram word hier onder gegee:

Die vereniging van A en B is die stel van alle elemente in A of in B (of in beide). A of B word ook geskryf as A B . Die snypunt van A en B is die stel van alle elemente in beide A én B . A en B word ook geskryf as A B .

Questions & Answers

what is biology
daniel Reply
what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask