<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die trigonometriese funksies vir enige hoek

Tot dusver het ons die trigonometriese funksies gedefinieer deur gebruik te maak van reghoekige driehoeke. Ons kan nou hierdie definisies uitbrei na alle hoeke. Ons kry dit reg deur daarop te let dat die definisies nie afhanklik is van die lengtes van die sye van die driehoek nie, maar slegs bepaal word deur die hoekgootte. So, as ons enige punt op die Cartesiese vlak merk en 'n lyn trek vanaf daardie punt na die oorsprong, kan ons werk met die hoek tussen daardie lyn en die x-as. In [link] is punte P en Q gemerk. 'n Lyn is getrek vanaf die oorsprong na elk van die punte. Die stippellyne toon hoe ons reghoekige driehoeke kan konstureer vir elke punt. Nou kan ons hoeke A en B vind.

Jy sal vind hoek A is 63 , 43 . Vir hoek B, moet jy eers vir x = 33 , 69 bereken en dan is B = 180 - 33 , 69 = 146 , 31 . Maar, gestel ons dit wil doen sonder om hierdie hoeke uit te werk en vas te stel of ons 180 grade of 90 grade moet bytel of aftrek? Kan ons trigonometriese funksies gebruik om dit te doen? Beskou punt P in [link] . Om die hoek te vind, sou jy een van die trigonometriese funksies gebruik het, naamlik tan θ . Let op, die sy wat aangrensend is aan die hoek, is die x-koördinaat en die sy teenoor die hoek is die y-koördinaat. Maar wat van die skuinssy? Ons kan dit vind deur die Stelling van Pythagoras te gebruik aangesien ons die twee reghoeksye van 'n reghoekige driehoek het. As ons 'n sirkel trek met die oorsprong as middelpunt, dan is die lengte vanaf die oorsprong na punt P die radius van die sirkel, wat ons aandui met r. Nou kan ons al ons trigonometriese verhoudings herskryf in terme van x, y en r. Maar hoe help dit ons om B te kry? Vanaf punt Q na die oorsprong is r en ons het die koördinate van Q. Ons gebruik nou eenvoudig ons nuut-gedefinieërde trigonometriese funksies om B te bereken! (Probeer dit self en bevestig dat jy dieselfde antwoord kry as vantevore). Wanneer ons anti-kloksgewys om die oorsprong beweeg, is die hoeke positief en wanneer ons kloksgewys draai in die Cartesiese vlak, is die hoeke negatief.

Ons kry dus die volgende definisies vir die trigonometriese funksies:

sin θ = x r cos θ = y r tan θ = y x

Gestel die x-koördinaat of die y-koördinaat is negatief. Ignoreer ons dit, of is daar 'n manier om dit in berekening te bring? Die antwoord is dat ons dit nie ignoreer nie: Die teken voor die x- of y-koördinaat bepaal of sin, cos en tan positief of negatief is. Die Cartesiese vlak is verdeel in kwadrante en ons gebruik dan [link] om vir ons aan te dui of die trigonometriese funksie positief of negatief is. Die diagram staan bekend as die CAST diagram.

Op dieselfde wyse kan ons die definisies uitbrei na die resiprookfunksies:

cosec θ = r x sec θ = r y cot θ = x y

Punt R(-1;-3) en punt S(3;-3) is aangedui op die diagram hieronder. Vind die hoeke α en β .

  1. Ons het die koördinate van punte R en S en ons moet die groottes van die twee hoeke vind. Hoek β is positief en hoek α is negatief.

  2. Ons gebruik tan om β te vind, aangesien ons slegs x en y het. Ons sien die hoek lê in die derde kwadrant, waar tan positief is.

    tan ( β ) = y x tan ( β ) = - 3 - 1 β = tan - 1 ( 3 ) β = 71 , 57
  3. Ons gebruik tan om α te bereken aangesien ons x en y het. Die hoek is in die vierde kwadrant, waar tan negatief is.

    tan ( α ) = y x tan ( α ) = - 3 3 α = tan - 1 ( - 1 ) α = - 45
  4. Hoek α is - 45 en hoek β is 71 , 57

Questions & Answers

what is biology
daniel Reply
what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask