<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede

Module 10

Bates, laste en eienaarsbelang

Rekeningkunde is gebaseer op drie elemente, naamlik bates, laste en eienaars­belang. Tydens elke transaksie wat in die onderneming plaasvind, is daar ’n wisselwerking tussen hierdie drie elemente. Dit is baie belangrik om ’n goeie begrip te hê van bates, laste en eienaarsbelang om sodoende tussen hulle te kan onderskei.

AKTIWITEIT 1:

Om die begrip bates te kan verduidelik en te kan toepas

LU 3.1

Bates :

  • Dit is items wat deur ’n onderneming besit word en waarde het. Hierdie bates kan in twee groepe verdeel word, naamlik vaste bates en bedryfsbates.

Vaste bates :

  • Dit is eiendom met ’n relatiewe lang lewensduur wat eerder vir produksie of gebruik aangewend word as vir herverkoop byvoorbeeld grond en geboue, voertuie en toerusting.

Bedryfsbates :

  • Dit is bates in die vorm van kontant of bates wat binne ’n kort tydperk, gewoonlik ’n jaar, in kontant omgesit kan word, byvoorbeeld handelsvoorraad, debiteure, kontant in die bank, kleinkas en wisselgeld.

Handelsvoorraad :

  • Goedere wat aangekoop word met die doel om dit teen ’n wins te verkoop.

Debiteure :

  • Die persone wat geld aan die onderneming verskuldig is.

Indeling van bates

  • Verdeel ’n vel karton of papier in die middel en plak tydskrifprente daarop sodat die een deel vaste bates en die ander deel bedryfsbates voorstel.

Herkenning van bates

  • Dui aan watter van die volgende sal as bates in ’n onderneming geklassifiseer word deur dit wat jy as die bates beskou te onderstreep:

1. Rekenaars

2. Moderne kantoorgebou

3. Afleweringsvoertuie

4. Bestuurder van die afleweringsvoertuig

5. Krediteure

6. Die eienaar se persoonlike, luukse voertuig

7. Opgeleide rekenaarpersoneel

8. ’n Onaantreklike gebou op die onderneming se perseel wat aan ’n ander onderneming as stoorplek verhuur word.

AKTIWITEIT 2:

Om die begrip laste te verduidelik en toe te pas

LU 3.1

Laste

  • Dit is verpligtinge of skuld wat een onderneming teenoor ’n ander onderneming of persoon het.
  • Wanneer geld by ’n finansiële instelling of ander onderneming geleen word, ontstaan ’n las wat bekend staan as ’n lening.
  • Wanneer ’n onderneming gebruik maak van oortrokke fasiliteite op sy lopende rekening, skuld hy geld aan die bank en dit word ’n oortrokke bankrekening genoem.
  • Voorraad of dienste wat op krediet aangekoop word, lei tot die ontstaan van ’n las genoem krediteure.

Bedryfslaste

  • Dit is verpligtinge wat binne die tydperk van ’n jaar of korter terugbetaal word , byvoorbeeld krediteure.

Langtermynlaste

  • Dit is verpligtinge wat oor ’n langer tydperk terugbetaalbaar is , byvoorbeeld ’n lening.
  • Beantwoord die volgende vrae:

1. Wat word die persone genoem aan wie die onderneming geld skuld?

2. ’n Verbandlening wat aangegaan word vir die aankoop van ’n gebou en na 20 jaar terugbetaalbaar is, word ’n bedryfslas genoem. (Slegs ja of nee)

3. Handelsvoorraad wat op krediet aangekoop, is verteenwoordig ’n bedryfslas. (Slegs ja of nee)

AKTIWITEIT 3:

Om die begrip eienaarsbelang te verduidelik en toe te pas

LU 3.1
  • Die term eienaarsbelang verwys na ’n belang van die eienaar in die bates van die onderneming.
  • Die eienaar verskaf die kapitaal waarmee die onderneming begin word. Hierdie kapitaal word hoofsaaklik aangewend vir die aankoop van bates en die betaling van laste en uitgawes.
  • Die skuldeisers het eerstens ’n aanspraak op die bates vir die bedrae wat aan hulle verskuldig is. Daarna het die eienaar aanspraak op dit wat oorbly na die laste betaal is.
  • Die volgende vergelyking vloei daaruit voort: Bates = Eienaarsbelang + Laste of Bates – Laste = EienaarsbelangDit staan bekend as die rekeningkundige vergelyking.
  • Voltooi die volgende:

1. Indien die totale bates R10 000 beloop en die totale eise (skulde) R4 000 sal die eienaarsbelang R......................... beloop.

2. Watter van die volgende stel die rekeningkundige vergelyking voor? Onderstreep die korrekte antwoord.

  • Bates + Eienaarsbelang = Laste
  • Bates – Laste = Eienaarsbelang
  • Bates + Laste = Eienaarsbelang

3. Skryf die volgende inligting in die vorm van die rekeningkundige vergelyking neer. Gebruik die bedrae om aan te dui dat die rekeningkundige vergelyking altyd balanseer.

Toerusting R 6 000 –

Krediteure R 6 000 –

Kontant R10 000 –

Debiteure R 4 000 –

Meubels R 4 000 –

Eienaarsbelang R18 000 –

Antwoord :

4. Indien enige twee elemente van die rekeningkundige vergelyking bekend is, kan die ontbrekende een bereken word.

  • Voltooi die volgende:

B = E + L

(a) 1 800 = 800 + .........................

(b) 650 = ......................... + 420

(c) 890 = 240 + .........................

(d) ......................... = 830 + 560

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
3.1 tussen finansiële begrippe onderskei wat in die sakewêreld gebruik word (bv. vaste bates, bedryfsbates, laste, eienaarsbelang);
3.2 leiers- en bestuurstrategieë wat ‘n opbrengs uit beleggings sal verseker ontwikkel;
3.3 brondokumente (bv. kwitansies, depositostrokies, tjeks) kan invul en rekord hou van elementêre kontanttransaksies in ‘n staat van ontvangste en betalings;
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om basiese inligting te ontwikkel, te bewaar en te herwin;
3.5 die begrip netto waarde verduidelik en ontleed ‘n staat daarvan;
3.6 die verskillende metodes om te spaar ondersoek en te belê (bv. spaarrekenings, vaste deposito’s, aandele, effektetrusts), en bereken opbrengste uit ‘n verskeidenheid beleggings.

Questions & Answers

I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask