This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Lewensvaardighede
Graad 3
Op reis deur ons land?
Module 2
Suid-afrika
Suid-afrika
Pak jou tas, want ons gaan 'n bietjie deur Suid-Afrika reis. Suid-Afrika is die mees suidelike land in Afrika. Suid-Afrika word begrens met die Atlantiese Oseaan aan die westekant en die Indiese Oseaan aan die oostekant. Suid-Afrika is in nege provinsies verdeel.
Kleur die provinsie waarin jy woon, rooi in.
Kleur nou elke ander provinsie ‘n ander kleur in.
Wat is die hoofstad van jou provinsie? _______________
Bespreek in groepe:
- Elke groep moet inligting versamel oor een van die stede.
- Maak 'n plakkaat van al die besienswaardighede in julle stad.
- Gaan nou saam met jou groep op ‘n denkbeeldige reis na elke stad.
- Bring 'n besoek aan elkeen van die ander stede en kyk wat julle alles kan onthou.
- Skryf die naam van jou provinsie neer.
Beantwoord die volgende vrae. Vra vir Mamma of Pappa om jou te help.
- Op watter dorp is jy gebore?
- Hoe lank woon jy/ het jy in die dorp of stad gewoon?
- Waar woon jy nou?
- Wat maak jou dorp spesiaal?
- Waarheen sal jy my neem as ek vir jou sou kom kuier?
Verbind die stad met die prentjie:
- Doen navorsing oor een van die historiese geboue en vertel vir die klas daarvan.
Assessering
ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s) |
LEWENSORIËNTERING LU 2 |
SOSIALE ONTWIKKELING: Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.3 die rol bespreek wat aanvaarding, om te gee, vergifnis en om te deel in gesonde sosiale verhoudings, speel. |
KUNS EN KULTUURLU 2 |
REFLEKSIE Die leerder is in staat om krities en skeppend oor kuns- en kultuurprosesse, -produkte en –style in die konteks van die verlede en die hede te besin. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 ( dans ) – identifiseer hoe gevoelens en gemoedstemming deur middel van die liggaam en gesig, asook die gebruik van energie en die keuse van bewegings, uitgedruk word. |
LU 4 |
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur te ontleed en te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.3 ( drama ) – die stem, gebare en liggaamsvorms gebruik om gevoelens en gedagtes uit te druk. |
Memorandum
- Plaas 'n kaart van S.A. voor in die klas.
- Hou 'n algemene klasbespreking as inleiding en dui op 'n wêreldkaart of aardbol vir die leerders die verskillende kontinente aan sodat hulle 'n idee kan kry waar S.A. lê.
- Stel bronne beskikbaar wat oor die verskillende stede handel.
- Leerders kan formeel mondeling doen oor 'n interessante dorp en historiese geboue / gebeure.
Read also:
OpenStax, Lewensvaardighede graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11106/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.