This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

Muggie deel 01 - 01  (Page 2/3)

5. ......................................................................................................................................

  • Vertel vir die klas waarom jy van skool hou of nie hou nie.
  • As jy nie van skool hou nie, wat sal jy wil verander sodat jy meer van skool sal hou?
LU 3.2.1 LU 4.2.1 LU 4.3.2
  • Lees die brief wat MUGGIE vir jou geskryf het.
  • Kyk na moeilike woorde.

Liewe _________________

(Skryf jou naam hier)

Soos jy kan sien, is dit Dinsdag laatmiddag. Die skole het vandag weer begin na 'n lekker rustige vakansie. Ek sê rustig, want dit was vir my rustig sonder die gewoel en gewerskaf hier in die klaskamer sonder julle.

Maar wag, laat ek myself bekend stel. Jy ken my mos nie. Ek is Muggie. Jy het my nog nooit gesien nie. Ek is 'n piepklein muisie, baie kleiner as 'n gewone muis, dus sal jy my nie maklik raaksien nie. Ek is bruin, met spits oortjies, blink ogies soos fyn swart kraletjies (my ma sê so), snorbaarde en 'n

l - a - a - n - n - g stert. My oupa sê altyd die slimste muise het die langste sterte. Dit is hy wat my leer skryf het soos julle mensekinders. Daarom kan ek vandag vir jou 'n brief skryf.

Jy kan nie muistaal verstaan of skryf nie, al is jy in Graad 3. Maar toemaar, ek sal nog vir jou leer!

Oeps! Ek moet gaan. Al die muise hier in die skool gaan vergadering hou. Ek skryf weer, dan sal ek jou sê waar ek woon.

Muissoentjies

Muggie.

  • Het jy Muggie se brief verstaan?
  • Beantwoord die volgende vrae. Onthou hoofletters en punte.

1. Wie is Muggie? Muggie .....................................................................................

..........................................................................................................................................

2. Hoe lyk hy?

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

3. Waarom is hy anders as ander muise? Gee twee redes.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

4. Hoekom kan Muggie skryf?

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

5. Waar dink jy woon Muggie? Gee 'n rede vir jou antwoord.

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

6. Watter plan kan jy maak om vir Muggie te ontmoet?

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.