This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

Behoeftes en begeertes

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 5

Wat beïnvloed my bestaan?

Module 1

Behoeftes en begeertes

Behoeftes / begeertes

Ons het reeds in graad 4 deeglik onderskei tussen mense se behoeftes en hul begeertes .

  1. Kyk of jy in een duidelike sin die verskil tussen behoeftes en begeertes kan omskryf.

[LU 1.1]

  1. Maak ‘n lys van vyf van jou behoeftes en vyf begeertes in die volgende tabel:
Behoeftes Begeertes

[LU 1.1]

Gestel iemand wil ‘n algemene winkel naby jou skool begin. Dit is vir die eienaar baie belangrik om te weet wat die inwoners en leerders van die skool graag in sy winkel sal wil sien. Kom ons kyk of julle klas nie kan help nie.

Elke leerder skryf vyf items neer wat hy/sy graag in die winkel sal wil hê. Gebruik dan hierdie inligting om ‘n blokgrafiek soos die volgende saam te stel.

Voorbeeld:

CD’s klere lekkers brood melk speelgoed vleis selfone boeke fietse

[LU 4.2]

  1. Neem nou al die items op jou grafiek en skryf dit in die toepaslike kolom hieronder neer. Dink mooi oor elkeen na.

[LU 1.1]

Behoeftes Begeertes

Gesels in julle groepe oor die items in elke lys en watter lys die langste is. Is dit dalk behoeftes wat aan die kortste end trek? Wat sou dit beteken?

Assessering

LU 1

DIE EKONOMIESE KRINGLOOP

Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.1 onderskei tussen verskillende vlakke van behoeftes en verduidelik hoe daar daarin voorsien kan word;

LU 4

ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te

ontwikkel.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.2 ontwikkel en gebruik waarnemingsblaaie en vraelyste om ‘n behoeftebepaling in die skool of gemeenskap te doen.

Memorandum

a. Opvoeders fasiliteer kleingroepgesprekke waartydens leerders die verskil tussen behoeftes en begeertes formuleer.

b. Volgens individu se eie behoeftes / begeertes.

Blokgrafiek. Opvoeder gee leiding by die opstel van blokgrafiek, na afloop van die versameling van genoegsame data.

Tabelle word saamgestel uit blokgrafiek en klassifisering geskied volgens individu se eie oordeel.

c. Laat gesprek toe waar nodig ten einde sinvolle response te formuleer.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 05, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10973/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.