This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

3.8 Die maak van 'n kledingstuk  (Page 2/3)

  • Moet die materiaal spesifieke wasinstruksies hê?
  • Die ontwerpfase

Jy benodig:

  • koerantpapier
  • potlood
  • meetband
  • spelde / kleefband
  • ou hemp
  • bruin papier / ongedrukte papier

opdrag 3:

Stap 1:

Trek die ou hemp aan sodat jy kan vasstel of dit nog goed pas. Indien dit effe knap / los pas, moet jy dit in gedagte hou sodat jy gedeeltes kan byknip vir nate.

Stap 2:

Torring die nate van die ou hemp versigtig los. Plaas die dele op ‘n groot stuk koerantpapier en trek dit versigtig met ‘n potlood af. In hierdie stadium moet verseker word of die hemp goed pas of nie. Indien nodig, gebruik ‘n meetband en verstel die verskillende dele om te verseker dat dit jou goed pas. Indien jy sekere patroondele se styl wil verander, is dit ook nou die tyd daarvoor. So kan jy byvoorbeeld besluit om ‘n ronde hals te verander na ‘n v-hals, eerder lang moue te gebruik, die hemp korter te knip, ens.

Stap 3:

Knip nou die verskillende patroondele uit en steek dit met spelde aanmekaar. Gooi dit lossies oor jou lyf om seker te maak dat jy op die regte pad is. Kyk of jy oral genoeg voorsiening gemaak het vir nate en some. Is die lengte reg? Is die moue lank genoeg? ens. Bring nou die nodige kepies aan om aan te dui waar en hoe die verskillende patroondele op mekaar pas.

Stap 4:

Nou kan jy die spelde verwyder en die patroondele netjies op ongedrukte papier uitlê en begin met die aftrek van die finale patroon. Sny die patroondele uit.

Stap 5:

Bestudeer die dele van ‘n gekoopte patroon en kyk goed watter inligting alles op die onderskeie patroondele verskyn. Probeer om die noodsaaklikste inligting op jou patroondele aan te bring, bv:

  • hoeveel van elke deel geknip moet word (jy gaan tog net een moupatroondeel hê, want die moue lyk dieselfde);
  • hoeveel sentimeters vir nate toegelaat moet word;
  • in watter rigting die patroondeel op die materiaal uitgelê moet word;
  • seker die belangrikste – wat die naam van die patroondeel is;
  • moet die patroondeel op ‘n vou geknip word?

Stap 6:

Materiaal word gewoonlik in ± 3 wydtes verkoop – 900 mm; 1 150 mm of 1 500 mm. Las koerante aan mekaar ten einde hierdie breedtes te verkry en lê jou patroondele daarop uit om sodoende te probeer vasstel ongeveer hoeveel materiaal jy vir jou kledingstuk sal nodig hê.

Stap 7:

Bekom geskikte materiaal vir jou kledingstuk (Vir hierdie doel hoef jy nie duur materiaal te gebruik nie).

Lê die patroondele volgens die nodige spesifikasies op die materiaal uit en speld dit vas. (Dit is belangrik dat jy op ‘n skoon, gelyke en groot genoeg area moet werk).

Knip dit uit met ‘n skerp skêr. Wees versigtig sodat jy al die kepies duidelik aandui. Probeer om met lang en egalige hale mooi reguit te knip. Moenie die patroondele van die lap losspeld nie, anders mag jy later sukkel om die patroondele uit te ken.

  1. Die maak van die hemp
  1. Masjien of hand?

Indien jy nie met ‘n masjien kan werk nie, of nie een tot jou beskikking het nie, moenie moed verloor nie. Jy kan net so goed regkom met ‘n naald en gare.

Bestudeer die onderstaande sketse om meer te leer van die basiese steke wat nodig is ten einde nate en some te maak. Oefen dit so ‘n bietjie op ‘n afvalstukkie materiaal.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.