This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Lewensvaardighede
Graad 1
Speeltyd
Module 4
Speelgoed
- Plak voorbeelde van speelgoed wat in die winkel te koop is in die blok hier onder. Maak ‘n merkie langs die speelgoed waarvan jy die meeste hou.
- Kos jou speelding BAIE of MIN?
- Omkring die regte woord:
Die beertjie kos min / baie
Die pop kos min / baie
Die trein kos min / baie
KLEUR DIE SPEELGOED WAT EWEVEEL KOS ROOI IN.
Kom ons kyk na al die ou speelgoed op die rak.
- Van watter speelgoed hou jy die meeste?
Teken ‘n prentjie van enige een van die ou speelgoed.
My handskoenpop:
- Teken ‘n gesiggie vir jou pop.
- Maak van verskillende vorms soos ‘n driehoek, sirkel en vierkante gebruik.
Assessering
Learning Outcomes(LO’s) Leeruitkomstes(LUs) |
EBWLU 1 |
EKONOMIESE SIKLUS Die leerder kan kennis en begrip van die ekonomiese siklus in die oplossing van die ekonomiese probleem toon. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.4 begin verstaan dat goedere ‘n prys het. |
KUNS EN KULTUURLU1 |
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.10 ( Visuele kuns ) - eenvoudige geometriese vorms soos sirkels, lyne, driehoeke en vierkante ontdek en dit kombineer en in patrone rangskik. |
Memorandum:
Speelgoed kan in die klas uitgestal word.
Sorg dat daar genoeg tydskrifte beskikbaar is.
VERRYKING:
- Teken ‘n prent wat vir ons meer van jou storie vertel.
- Wys vir die leerders die video van Toy Story. Leerders teken hulle gunstelingkarakter .
- Bespreek die eienskappe van die karakters (vriendelik, onbedagsaam, omgee, ens.).
- Besoek ‘n speelgoedwinkel.
- Vergelyk die pryse van verskillende speelgoed.
- Reël ‘n modeparade met bv. Barbie of ander speelgoed.
- Trek die klere van verskillende karakters aan, soos Superman, Cowboy, ens.
- Hou ‘n resies met klein karretjies – werk in groepe.
- Stasies met verskillende speletjies – tolgooi, touspring, “hop scotch”, rekspring. Leerders beweeg na ‘n sekere tyd en kry geleentheid om by elke stasie te speel.
- Groepspeletjies – vrot eier; blinde mol; kat en muis, ens.
- Maak ‘n handskoenpop. Hou eie poppekas.
OpenStax, Lewensvaardighede. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11102/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.