Ekonomiese en bestuurswetenskappe
Graad 9
Die ekonomiese siklus
Module 7
Die nasionale begroting
- Die nasionale begroting is ‘n dokument wat jaarliks deur die Minister van Finansies opgestel word waarin ‘n vooruitskatting van die owerheid se verwagte inkomste en uitgawes vir die komende jaar opgeteken is. Die nasionale begroting word beskou as die beplande raamwerk waarbinne die staat moet handel, en daarom dien dit hoofsaaklik die volgende twee doelstellings:
- aankondiging van verwagte owerheidsbesteding en belastinginkomste; en
- aanduiding van die staat se strategie om die ekonomie op ‘n bepaalde koers te hou.
In die beplanning van die nasionale begroting is die eerste belangrike stap dat die verskillende staatsdepartemente hul eie begrotings moet saamstel waarin ‘n aanduiding van hul behoeftes/uitgawes gegee moet word. Wanneer al die departemente hul beplande uitgawes voorsien het, word dit verwerk om ‘n geheelbeeld van al die uitgawes te verkry.
- OWERHEIDSBESTEDING kan onderskei word in die volgende vier groepe funksies wat die staat verrig en waarvoor fondse benodig word (ook genoem die FUNKSIONELE INDELING):
- ALGEMENE OF KOLLEKTIEWE DIENSTE is dienste soos verdediging, handhawing van wet en orde en algemene landsadministrasie.
- GEMEENSKAPSDIENSTE is dienste wat gelewer word waar ‘n groot aantal mense saamwoon (byvoorbeeld dienste soos padbou, sanitasie, vullisverwydering, ens.)
- MAATSKAPLIKE OF SOSIALE DIENSTE soos gesondheidsorg, onderwys, behuising, ens. wat hoofsaaklik uit belastings gedek word.
- EKONOMIESE DIENSTE soos uitgawes aan direkte produksie en navorsing.
Hierna word beplan om die nodige fondse te vind om die uitgawes te dek. Hierdie fondse word hoofsaaklik gevind uit die heffing van BELASTING, waaronder DIREKTE BELASTING (byvoorbeeld persoonlike inkomstebelasting wat gehef word op die inkomste van indiwidue), asook INDIREKTE BELASTING (byvoorbeeld doeane- en aksynsbelasting, belasting op toegevoegde waarde of BTW, ens.)
- Hieronder word ‘n beknopte opsomming van die jaarlikse begroting vir die belastingjaar 1999 - 2000 gegee:
JAARLIKSE BEGROTING(1999 – 2000) | BEDRAG TOEGEKEN(B MILJOEN) | PERSENTASIE VANTOTALE BESTEDING(%) |
Totale inkomste: | 190,3 | |
Totale besteding: | ||
Vervoer en Kommunikasie | 8,2 | 3,7 |
Rente (op lenings) | 48,5 | 22,1 |
Salarisse (staatsdienspersoneel) | 86,5 | 51,0 |
Onderwys | 48,5 | 22,1 |
Gesondheid | 24,0 | 10,9 |
Gemeenskapsveiligheid en Welsynsdienste | 19,8 | 9,0 |
Behuising en Gemeenskapsontwikkeling | 9,6 | 4,5 |
Polisie | 15,3 | 7,0 |
Verdediging | 35,5 | 5,5 |
Gevangenisdienste (Korrektiewe Dienste) | 5,4 | 2,7 |
Justisie (regspleging) | 2,8 | 1,3 |
Landbou, Bosbou en Visserye | 3,6 | 1,6 |
Tekort | 25,1 |
Aktiwiteit 1:
Nasionale begroting
[lu 1.5]
SELF:
Verwys na die tabel en beantwoord die volgende vrae:
- Aan watter uitgawe beoog die staat om die meeste te spandeer?
- Waaraan word meer spandeer: aan Verdediging of aan Onderwys?
Aktiwiteit 2:
Nasionale begroting
[lu 1.5]
SELF:
Die laaste kolom toon die persentasie van die totale besteding vir elke departement. Gebruik die inligting om ‘n kolomgrafiek te trek sodat aangedui kan word hoeveel op elk van die kategorieë bestee word. Voeg ‘n aparte vel in.
Aktiwiteit 3:
Rangorde van besteding
[lu 1.5]
SELF:
Verwys na die grafiek en skryf in orde van die hoogste na die laagste besteding neer hoedat die uitgawes (in orde van belangrikheid) geprioritiseer word.
Aktiwiteit 4:
Beoordeling van rangorde
[lu 1.5]
GROEP:
Stem die groep saam met die prioriteitslys soos in die tabel hierbo aangedui?
Besluit hoedat jou groep die beskikbare fondse volgens jul eie prioriteitslys sal bestee en herontwerp dan die kolomgrafiek volgens jul indeling.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
die ekonomiese siklusDie leerder is in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
Memorandum
AKTIWITEIT 1: Nasionale begroting
SELF:
Antwoorde m.b.t. die tabel:
- Salarisse van Staatsdienspersoneel.
- Onderwys: 22,1% vergeleke met 5,5% van Verdediging.
AKTIWITEIT 2: Grafiese voorstelling van begrotingsyfers
SELF:
Trek die kolom-grafiek wat die persentasie-bydrae van elke uitgawe tot die begroting toon.
AKTIWITEIT 3: Rangorde van besteding
SELF:
Beoordeel self leerders se prioriteite.
AKTIWITEIT 4: Beoordeling van rangorde
GROEP:
Beoordeel die groep se indeling en hul prioriteite.