This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

1.3 Om ddie swaartepunt van die vuurpyl te vind

Tegnologie

Graad 7

Stelsels en beheer: vervoer

Module 4

Om die swaartepunt van ‘n vuurpyl te vind

Hoe om die swaartepunt van jou vuurpyl te vind

LU/AS 1.14
  • Maak ‘n lus aan die punt van ‘n 1 m stuk tou.
  • Maak die lus om die romp gedeelte van jou vuurpyl vas.
  • Laat die vuurpyl vry hang in jou hand en verskuif die lus totdat die vuurpyl gelyk/ parallel met die grondvlak hang.
  • Dui die swaartepunt op die vuurpyl aan deur ‘n lyn reg rondom die romp met ‘n merkpen te trek. Dui die teken vir swaartepunt aan.

Agtergrond

By die drukmiddelpunt van ’n vuurpyl word die aërodinamiese kragte gesentreer. Die drukmiddelpunt is ook gewoonlik naby die agterkant van die vuurpyl. Die groot oppervlakte van die vinne en die gladde oppervlak van die res van die vuurpyl maak dat dit die posisie is waar die druk weerskante dieselfde is. Om die drukmiddelpunt nader aan die stert van die vuurpyl te kry, word die voorste gedeelte (neus) van die vuurpyl nog meer gepunt gemaak, of die vuurpyl se lyfgedeelte kan langer gemaak word, aangesien dit dan meer aërodinamies is. Deur kleiner vinne aan die voorkant van die vuurpyl te plaas, word die drukmiddelpunt nader aan die voorpunt geskuif.

REËL: Die swaartepunt moet nader aan die voorpunt van die vuurpyl wees as die drukmiddelpunt. Die drukmiddelpunt moet dieselfde afstand of langer as die deursnee van die vuurpyl na die stertkant vanaf die swaartepunt wees. Dit sal veroorsaak dat die vuurpyl reguit vlieg en dat die vuurpyl stabiel is.

Opdrag 1:

Hoe om die drukmiddelpunt van ‘n vuurpyl te vind

LU/AS 1.14
  • Maak ‘n skets van die sy-aansig van jou vuurpyl. Skets ook die vinne en teken so akkuraat as moontlik.
  • Die drukmiddelpunt word bepaal deur ‘n lyn te trek wat die oppervlakte van die vuurpyl eweredig weerskante van die lyn versprei.
  • Dui die drukmiddelpunt op die skets aan deur ‘n lyn daar te trek.
  • Dui die drukmiddelpunt op die vuurpyl aan deur ‘n lyn reg rondom die romp met ‘n merkpen te trek. Dui die teken vir die drukmiddelpunt aan.

Opdrag 2:

Om te toets of jou vuurpyl stabiel is tydens vlug

LU/AS 1.13
  • Maak ‘n lus aan die punt van ‘n 2 m tou.
  • Maak die lus om jou vuurpyl vas waar sy swaartepunt is. Plak die lus met kleeflint vas, indien nodig.
  • Die vuurpyl behoort parallel met die grondoppervlak te hang. Swaai dit nou in ‘n sirkelbeweging in die rondte.
  • Verander die swaartepunt of drukmiddelpunt totdat jou vuurpyl reguit vorentoe swaai terwyl dit horisontaal hang.

Indien jy enige wysigings aan jou vuurpyl wil aanbring om dit meer stabiel te maak, kan jy dit nou doen. Versier nou die bottels en vinne dat dit soos ‘n vuurpyl lyk deur dit byvoorbeeld met ‘n oliebasis verf te verf.

Nou is jy gereed om jou vuurpyl te lanseer.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
Evalueer :1.12 die produk of stelsel evalueer gebaseer op kriteria wat direk met die ontwerpopdrag en sommige van die spesifikasies en beperkings verband hou, en verbeteringe of wysigings voorstel;
1.13 die doeltreffendheid van die plan van aksie wat gevolg is evalueer en voorstel hoe toekomstige planne verbeter kan word;
Kommunikeer :1.14 idees (in ‘n projekportefeulje) deur middel van twee-dimensionele of drie-dimensionele sketse, stroombaan-diagramme of stelseldiagramme wat die meeste van die volgende kenmerke insluit, aanbied:1.14.1 aantekeninge om ontwerpsredenering oor te dra;1.14.2 afmetings;1.14.3 hoeveelhede;1.14.4 versterking van belangrike sketse (bv. kleur, tekstuur, skakering, dik en dun lyne, inskaduwing).
<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.