Aardrykskunde
Graad 4
Die plek waar ons woon
(nedersettingskenmerke)
Module 10
Verstedeliking en informele nedersettings
Verstedeliking
- Toe Oupa en Ouma kinders was (rondom 1950), het ongeveer ses uit elke tien mense (60%) in landelike nedersettings gebly, terwyl die orige vier (40%) hoofsaaklik in stede gebly het. Vandag is die situasie omgekeerd. Ongeveer 60% van alle mense in Suid-Afrika woon vandag in stede, terwyl die orige 40% in landelike nedersettings bly.
- Die mens se trek van landelike gebiede na stedelike gebiede word VERSTEDELIKING genoem.
- Uit die syfers hierbo blyk dit dat groot hoeveelhede mense tussen 1950 en 2004 verstedelik het.
Aktiwiteit 1
Om redes vir verstedeliking te verskaf [lu 2.2]
Verskaf moontlike redes waarom die mense van landelike gebiede na stede trek
………………………………………………………………………………………………
………………………………………………………………………………………………
………………………………………………………………………………………………
………………………………………………………………………………………………
………………………………………………………………………………………………
Informele nedersettings
Wanneer groot groepe mense na stede trek om werk en heenkome te soek, gebeur dit dikwels dat daar nie vir almal werk of woonplek is nie. Dan kan ons sê die gebied is oorbevolk. (Meer mense as wat die gebied kan akkommodeer.) Hierdie mense maak dan dikwels van allerlei soorte materiale gebruik om vir hulle tydelik skuilings te bou om hulle teen gevaar, koue en reën te beskerm. Voorbeelde van sulke materiaal is sinkplate, karton, plastiek en hout. Sulke gebiede word informele nedersettings genoem.
Aktiwiteit 2
Om ‘n toneel van ‘n informele nedersetting uit te beeld en ‘n lys op te stel van dienste wat ontbreek [lu 3.1]
Maak ‘n eenvoudige skets van ‘n toneel uit ‘n informele nedersetting en stel ‘n lys van dienste/geriewe op wat nie algemeen beskikbaar is in hierdie gebiede nie.
Ontbrekende dienste/geriewe in informele nedersettings
....................................................................................................................
....................................................................................................................
....................................................................................................................
....................................................................................................................
....................................................................................................................
....................................................................................................................
Inwoners van informele nedersettings ly dikwels groot skade en lewensverliese as gevolg van brande en oorstromings. Kyk of jy dalk ‘n koerantberig hieroor kan kry en deel dit met jou klasmaats.
Aktiwiteit 3
Om in groepe te bespreek wat gedoen kan word om sulke rampe te verhoed [lu 3.2, 3.3]
Maak ‘n lys van jul voorstelle hieronder.
……………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………
……………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………..
Assessering
Leeruitkoms 2: aardrykskundige kennis en begrip
Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
2.2 die belangrikheid beskryf van toegang tot hulpbronne en dienste.
Leeruitkoms 3: verkenning van vraagstukke
Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewings-vraagstukke en –probleme te neem.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
3.1 vraagstukke kan identifiseer wat met hulpbronne en dienste in spesifieke kontekste gepaardgaan;
3.2 faktore identifiseer wat veroorsaak dat sommige mense in ‘n spesifieke konteks groter toegang tot hulpbronne het as ander;
3.3 voorstelle maak oor hoe toegang tot hulpbronne in ‘n spesifieke konteks verbeter kan word.
Memorandum
Redes vir verstedeliking
- Werk
- Geriewe – dienste
- Beter inkomste
- Familie