This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

1.15 Spysverteringstelsel

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 17

Die spysverteringstelsel

Aktiwiteit:

Om kennis te maak met die mens se spysverteringstelsel en enkele belangrike daarin te benoem

[lu 2.1]

Kom ons kyk hoe werk die spysverteringstelsel. Jou liggaam het voedsel nodig om te groei en gesond te bly. Daar is ‘n lang buis wat van jou mond af dwarsdeur jou liggaam loop tot by die opening waar die kos die liggaam verlaat. Die boonste deel van die buis is taamlik reguit, maar die onderste deel is redelik gekronkel. Daar gebeur verskeie dinge met jou kos terwyl dit deur hierdie buis gaan.

Wanneer jy die kos kou, maal jou tande dit fyn en met behulp van die speeksel kan jy dit afsluk.

Nou word die kos deur die slukderm na die maag gestoot. Daar is spiere in die wande van die slukderm wat outomaties saamtrek om die kos aan te stoot. Ons noem hierdie beweging peristalse .

Die kos word in die maag deur die spiere in die maagwand gemeng, fyngemaal en geroer.

In die dunderm word die voedingstowwe uit die kos gehaal en met die bloed na die lewer en ander liggaamsdele vervoer.

Die orige kos beweeg nou deur die dikderm en alle voedsel wat jou liggaam nie nodig het nie, word deur die liggaam uitgeskei.

Opdrag:

Voltooi die skets deur byskrifte in te vul

Skryf ‘n goeie sin om te verduidelik waarom babas net van melk kan leef.

Assessering

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2       inligting kategoriseer.

 

Memorandum

DIE SPYSVERTERINGSTELSEL

  1. Mond
  2. Slukderm
  3. Maag
  4. Dunderm
  5. Dikderm
<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.