This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Aardrykskunde
Graad 5
Klimaat- en plantegroeistreke van suid-afrika
Module 11
Weer van dag tot dag
1. Weergids
- Ons vind daagliks verskeie bronne in die media wat vir die leser en luisteraar die verwagte weer vir daardie dag en die volgende paar dae voorspel.
Aktiwiteit 1:
Om 'n weergids te bespreek en 'n tabel te voltooi
[lu 1.3]
Bestudeer die weergids uit Die Burger , 2 Oktober 2004, en voltooi die tabel.
Maksimum temperatuur vir Vredendal | |
Minimum temperatuur vir Oudtshoorn | |
Waar sal mis voorkom? | |
Windrigting by Kaapstad | |
Word enige reën verwag? | |
Hoe lyk George se weer vir Sondag 3 Oktober? | |
Watter klere sal jy aantrek in Clanwilliam? | |
Die Laerskool Riversdal beplan ‘n sportdag vir Dinsdag 5 Oktober. Sal dit kan plaasvind? |
2. Weerinstrumente
Ten einde die weerlesings te kan doen, word daar van verskillende weerinstrumente gebruik gemaak.
Aktiwiteit 2:
Om verskillende weerinstrumente te bespreek
[lu 1.2]
Bestudeer die volgende skets om meer uit te vind oor die werking van elke instrument. Voltooi dan die tabel.
Elemente van die weer | Tipe Instrument |
Temperatuur | |
Wind | |
Reënval | |
Lugdruk |
Aktiwiteit 3:
Om 'n weerhaan of reënmeter te bou
[lu 1.1; 1.3]
- Raadpleeg die nodige bronne en die volgende riglyne om jou eie weerhaan/ reënmeter te bou.
- Gebruik hierdie instrumente en ‘n termometer wat iemand klas toe bring om elke dag vir ‘n maand lank die weer te monitor. Teken jou waarnemings aan op ‘n tabel soos hieronder. (Julle kan ook jul waarnemings met die voorspelling in die koerant vergelyk.)
Datum | Maks tempgemeet 14:00 | Windrigting | Wolkbedekking | Reënval in mm |
Maandag Mei | 20 °C | NO | Gedeeltelik | 2 mm |
Dinsdag Mei | 18 °C | N | Bewolk | 8 mm |
Woensdag Mei | 22 °C | N | Gedeeltelik | 0 mm |
Assessering
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
- bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
- tussen feite en menings onderskei;
- inligting kategoriseer;
- sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken;
- deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].
Memorandum
Aktiwiteit 1
Maksimum temperatuur vir Vredendal | 28ºC |
Minimum temperatuur vir Oudtshoorn | 10ºC |
Waar sal mis voorkom? | Weskus |
Windrigting by Kaapstad | SO |
Word enige reën verwag? | Vir Sondag |
Hoe lyk George se weer vir Sondag 3 Oktober? | Gedeeltelik bewolk; SW wind 25; Temp. 12/22 |
Watter klere sal jy aantrek in Clanwilliam? | Koel (baie warm dag) |
Die Laerskool Riversdal beplan ‘n sportdag vir Dinsdag 5 Oktober. Sal dit kan plaasvind? | Hulle sal ‘n plan B moet hê. 60%+ kans vir reën |
Aktiwiteit 2
- Termometer
- Windmeter/windkous/weerhaan
- Reënmeter
- Barometer
Read also:
OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.