Afrikaans huistaal
Debbie se dagboek
Opvoeders afdeling
Memorandum
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
- LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Die gedig gaan oor verhoudings en gedrag. Die klas luister daarna, lees dit en bespreek die vrae.
Die storie gaan oor Debbie wat besef hoe dankbaar sy behoort te wees omdat sy ‘n gelukkige, onselfsugtige gesin het.
Aktiwiteite soos idiome en lettergrepe is ingesluit en leerders begin ook nou hul skryfwerk beplan. Hiervoor gebruik hul ‘n vloeidiagram.
Die klasprojek om geld in te samel, skep geleentheid vir die integrering van ander leerareas soos Tegnologie en Wiskunde.
- SKRIF
Hoof- en kleinletters word met die skryf van rympies geoefen.
- KLANKE EN WOORDBOU
Die volgende groepe verkleinwoorde word aangeleer: boek – boekie; arm – armpie; toring – torinkie; pop – poppie; roos – rosie.
Leerders afdeling
Inhoud
- Versier die bladsy.
Debbie se vaste voornemens
Hierdie dinge moet ek onthou
en uitleef dag vir dag –
ek moet my naaste liefhê,
bedagsaam wees en lag.
Dit is nie altyd maklik nie.
om stil te bly en niks te sê
as boetas altyd net wil koning kraai
moet jy hare op jou tande hê.
Maar ek sal baie hard probeer
om die ander wang te draai.
ek het dit nou op swart en wit
om vrede te wil saai.
G.J.M.
- In elke versie van die gedig neem Debbie haar voor om iets goeds te doen. Bespreek haar voornemens en vertel vir die klas waarom julle dink sy sulke voornemens uitgespreek het.
- Hoe voel julle oor die besluite wat Debbie geneem het?
- Dink julle sy sal daarby kan hou? Wat sal sy moet doen? Wat sal sy nie moet doen nie?
LU 1.4 | LU 2.5 | LU 3.2 | LU 5.2 |
- Lees die idiome wat in die gedig voorkom.
- Bespreek die betekenis van elkeen.
- Teken ‘n prent om elkeen van die idiome te illustreer.
LU 2.5 | LU 3.5 | LU 5.3 |
LU 4.1 |
- Hierdie woorde kry ‘n .
‘n Groot . . . . ‘n Klein . . . .