This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Lewensvaardighede
Graad 3
Wie is ek ?
Module 1
Wees ‘n vriend!
Bestudeer die strokiesprent. skryf nou neer wat in elke prentjie gebeur het.
- Beantwoord die volgende vrae:
- Waarom was die dogtertjie ongelukkig?
-
- Het hulle weer vrede gemaak? Hoekom sê jy so?
- Gesels met jou maat oor hoe jy voel wanneer jy kwaad is.
- Gee vir jou maat goeie raad wanneer hy/sy ongelukkig is.
Maak ‘n regmerkie by al die eienskappe van jouself wat jy herken:
Ek lag graag. | |
Ek praat soms baie lelik. | |
Ek help graag ander mense. | |
Ek is vriendelik. | |
Ek raak soms baie ongeduldig. | |
Ek knou my maats af. | |
Ek is eerlik. |
- Teken ‘n prentjie van waar jy ‘n ou tannie in die winkel help met haar trollie.
- Julle het nou almal die geleentheid gehad om met mekaar oor al die goeie en slegte dinge in ‘n mens te gesels.
- Nou gaan ons vir mekaar wys hoe ons soms op die speelgrond optree.
- Groepwerk: Dramatisering
- Watter eienskap moes julle dramatiseer?
- Was dit vir julle moeilik om die probleem op te los?
- Wat was julle oplossing?
Assessering
ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s) |
LEWENSORIËNTERING LU 2 |
SOSIALE ONTWIKKELING: Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.3 die rol bespreek wat aanvaarding, om te gee, vergifnis en om te deel in gesonde sosiale verhoudings, speel. |
KUNS EN KULTUURLU 2 |
REFLEKSIE Die leerder is in staat om krities en skeppend oor kuns- en kultuurprosesse, -produkte en –style in die konteks van die verlede en die hede te besin. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 ( dans ) – identifiseer hoe gevoelens en gemoedstemming deur middel van die liggaam en gesig, asook die gebruik van energie en die keuse van bewegings, uitgedruk word. |
LU 4 |
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur te ontleed en te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.3 ( drama ) – die stem, gebare en liggaamsvorms gebruik om gevoelens en gedagtes uit te druk. |
Memorandum
Dramatisering kan binne of buite die klaskamer geskied.
OpenStax, Lewensvaardighede graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11106/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.