This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

1.17 Waterkringloop

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 19

Die waterkringloop

Aktiwiteit:

Om die waterkringloop te kan teken

[lu 2.1]

Water val op die aarde in die vorm van reën. Miljoene klein druppeltjies water sweef in die lug rond en vorm wolke. Seewater, riviere en mere word bogrondse water genoem en boorgate en fonteine word weer ondergrondse water genoem.

Die waterkringloop

Bogrondse water verdamp, styg hoog op bokant die aarde, koel af en verander weer terug na waterdruppeltjies. Ons noem dit kondensasie. Al die miljoene waterdruppeltjies kom bymekaar en vorm wolke. Wanneer die wolke swaar raak van al die waterdruppeltjies, val die druppels in die vorm van reën na die aarde. Dit loop ook in al die damme en riviere.

Opdrag:

Teken die waterkringloop. Gebruik rooi pyltjies om die verdamping van water aan te dui, en blou pyltjies om die kondensasie van water aan te dui.

Assessering

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2       inligting kategoriseer.

 

Memorandum

Bronne van water

Die waterkringloop moet die see, lug, son, wolke, reën, plantegroei, riviertjie en die blou en rooi pyle bevat.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.