Aardrykskunde
Graad 5
Kaartwerk
Module 5
Die bepaling van rigting
Aktiwiteit 1
Om noord met behulp van 'n horlosie te bepaal
[lu 1.7]
Die volgende word benodig:
- ’n Liniaal
- ’n Potlood
Volg hierdie stappe: (Kyk na die skets)
Stap1 : Staan buite op ‘n sonnige dag. Hou jou horlosie horisontaal (plat) op jou hand.
Stap2 : Hou die stokkie bokant die 12 van die horlosie.
Stap 3 : Draai in die rondte totdat die skaduwee van die stokkie op die 6 tot 12-lyn val.
Stap 4 : Halveer die hoek tussen die uurwyser en die 6 tot 12-skadulyn. Die halveerlyn is noord .
Aktiwiteit 2
Om noord met behulp van die skadustok te bepaal
[lu 1.7]
Verdeel die klas in groepe. Kies ’n sonnige dag. Hierdie metode verg ‘n paar uur, want dit is nodig dat die son na sy hoogste punt styg, en dan weer daal.
Die volgende word benodig:
’n Liniaal
’n Potlood
‘n Groot stuk wit papier
‘n Breinaald of reguit stokkie
Volg hierdie stappe: (Kyk na skets)
Stap1: Plaas die papier op ’n gelyke stuk grond en steek die breinaald deur die middelpunt in die papier.
Stap2: Merk om 10:00 die punt van die skaduwee op die papier.
Stap 3: Merk om 14:00 die punt van die skaduwee op die papier.
Stap 4: Verwyder nou die papier en gaan terug klaskamer toe. Trek nou lyne vanaf die gemerkte skadupunte na die punt waar die naald was (Sien skets ).
Stap 5: Halveer die hoek wat deur ABC gevorm word. Die lyn aan die teenoorgestelde kant van die skaduwee sal NOORD wees
Aktiwiteit 3
Om uit te vind hoe om in die nag sonder 'n kompas rigting te vind
[lu 1.7]
Doen navorsing om uit te vind hoe jy jouself in die nag sonder ‘n kompas sal oriënteer (met ander woorde, hoe jy noord in die nag sal bepaal).
Skets en skryf jou inligting neer en doen aan die klas verslag oor jou bevindinge.
Soek ten minste twee bronne in die biblioteek wat inligting oor jou onderwerp verskaf.
Lees die eerste bron en skryf die inligting onder BRON 1 in die tabel hieronder neer.
Lees dan die tweede bron en skryf die inligting wat nie in Bron 1 genoem word nie, onder BRON 2 neer.
Maak van albei bronne se inligting gebruik om ’n paragraaf of twee te skryf.
Assessering
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
- bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
- inligting kategoriseer;
- sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken;
- ‘n indeks gebruik om plekke op wêreldatlaskaarte te vind;
- deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].