This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

1.6 Diere en plante

NATUURWETENSKAPPE

Graad 4lewe en leefwyse

Module 7

Diere en plante

Diere kan nie hulle eie kos maak nie. Sommige van hulle eet plante, sommige diere eet ander diere. Dus maak alle diere eintlik maar staat op plante as basiese voedselbron.

Aktiwiteit:

Om diere te sorteer volgens die kos wat hulle eet

[lu 2.2]

Opdrag:

Kyk na die prentjies op die vorige bladsy. Sorteer die diere in die volgende groepe deur elke dier, wat in die groep pas, netjies oor te teken op die volgende bladsye. Knip prentjies van die verskillende kossoorte wat elke groep eet, uit ou tydskrifte, en plak dit daarby.

Dié wat plante eet

Dié wat ander diere eet

Dié wat plante en diere eet

herbivore / planteters

karnivore / vleiseters

omnivore / alleseters

Voorbeelde van herbivore: olifante, sebras, bokke, skilpaaie, koeie, donkies, sprinkane, slakke, skape, perde, eekhorings, kameelperde, ens.

Hulle eet kos soos: blare, vrugte, blommetjies, saadjies, wortels, gras

Voorbeelde van karnivore: jakkalse, luiperds, robbe, krokodille, haaie, leeus, muskiete, aasvoëls, ens.

Hulle eet kos soos: voëltjies, vissies, eiers, wurms, insekte, ander diere

Voorbeelde van omnivore: rotte, vlieë, varke, bere, eende, krappe, en natuurlik mense!

Hulle eet kos wat van plante en diere kom.

Assessering

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2       inligting kategoriseer.

 

Memorandum

Die inligting is alles in die aantekeninge.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.