This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Lewensvaardighede
Graad 3
Eendag as ek groot is
Module 6
Entrepreneur
Entrepreneur
- Wanneer jy eendag jou eie besigheid wil begin, moet jy baie seker maak dat die mense jou produk sal wil koop.
- Skryf neer watter drie produkte jy graag sal wil verkoop.
- Waarom dink jy sal mense graag jou produk wil koop? Gee twee redes daarvoor.
- Teken hoe jou produkte gaan lyk.
Maak ‘n advertensie om een van jou produkte te adverteer.
Maak ‘n lysie van wat jy nodig gaan hê om jou produk te maak.
- Teken prentjies van jou benodighede.
Bereken hoeveel dit jou gaan kos.
- Skryf die prys langs elke item neer.
- Voel jy nog opgewonde oor jou produk?
- ONTHOU, JY MOET SEKER MAAK DAT JY ‘N WINS OP JOU PRODUK MAAK!
- Gaan gesels met die eienaar van ‘n winkel. Vind ‘n bietjie meer uit hoe sy aankope gedoen word en of dit ‘n winsgewende besigheid is.
- Merk met 'n kruisie of 'n regmerkie om te sê hoe jy oor jou produkte voel.
1. Ek het meer geleer oor ‘n besigheid. | ||
2. Dit was vir my lekker om navorsing te doen. | ||
3. Dit was vir my baie interessant om met die eienaar van ‘n besigheid te gesels. | ||
4. Daar was baie nuwe produkte op die mark. | ||
5. Ek sou graag eendag my eie besigheid wil bestuur. |
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
NATUURWETENSKAP LU 1 |
WETENSKAPLIKE ONDERSOEKDie leerder in staat om met vertroue te reageer t.o.v. nuuskierigheid oor natuurlike verskynsels en om die verhoudinge te ondersoek en probleme op te los in wetenskaplike-, tegnologiese en omgewingskontekste. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 Beplan : die materiaal wat deur die groep gekies is om die groep se plan te kommunikeer gebruik;1.2 Doen : konstruktief aan die aktiwiteit deelneem en die doel daarvan verstaan. |
TEGNOLOGIE LU 1 |
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede met verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 Ondersoek : vind uit oor die historiese konteks wanneer sy of hy ’n probleem, behoefte of geleentheid met betrekking tot strukture, verwerking of stelsels en beheer gegee word;1.2 Ondersoek : vind uit waarom bestaande produkte met betrekking tot ’n probleem, behoefte of geleentheid gepas vir die doel daarvan is;1.4 Maak : verduidelik hoe produkte gemaak gaan word en wat gebruik gaan word om dit te maak;1.5 Maak : maak produkte op ’n veilige manier deur ’n verskeidenheid soorte materiaal te heg/las of saam te voeg;1.6 Evalueer : sterk punte en swakhede van eie en ander se produkte identifiseer. |
Memorandum
- Die leerder kan ‘n beroep kies (trek ‘n kaartjie uit ‘n houer). Hy/sy moet naslaanwerk gaan doen of met iemand daaroor gaan praat en dan mondeling daaroor kom doen in die klas.
- Vertel vir die klas waarom jy eendag ‘n Entrepreneur wil word.
OpenStax, Lewensvaardighede graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11106/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.