This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

Ek

Lewensvaardighede

Graad 3

Wie is ek ?

Module 1

Ek!

Wie is ek?

  • Bespreek in ‘n groep na watter goeie eienskappe julle in iemand soek.
  • Bespreek ook van watter dinge julle nie hou nie.
  • Lees die woorde deur.
  • Watter van hierdie woorde laat jou baie sleg voel?
  • Kleur die slegte blokkies groen in en die goeie blokkies rooi.
  • Skryf nog 3 goeie eienskappe waaroor julle in julle groep gesels het, neer.
  • Teken ‘n prentjie in elke blokkie om te wys van watter eienskappe jy die meeste hou.

Mamma en Pappa het elkeen ‘n ID-dokument. Daarin verskyn hulle geboortedatum en nog meer ander inligting oor hulleself. Daar is ook ‘n klein foto’tjie in die dokument.

  • Ontwerp jou eie ID-dokument. Jou dokument gaan baie spesiaal wees, want jy moet ook jou goeie eienskappe en talente daarop neerskryf.

Naam: ...............................................................

Van: ..........................................................................

Geboortedatum: .................................................................

ID nommer: ..............................................................................

Goeie eienskappe: ........................................

.........................................................................................

.........................................................................................

Talente: ...................................................................

.........................................................................................................................................

Foto of prent:

Assessering

ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s)
LEWENSORIËNTERING LU 2
SOSIALE ONTWIKKELING: Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.3 die rol bespreek wat aanvaarding, om te gee, vergifnis en om te deel in gesonde sosiale verhoudings, speel.

Memorandum

Ontwerp ‘n voorblad. Die leerder teken hom- / haarself.

Hou ‘n groepbespreking oor verskillende eienskappe.

ID-dokument. Toon eers ‘n oorspronklike ID-dokument aan die leerders. Verduidelik hoe dit werk.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Lewensvaardighede graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11106/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.