Natuurwetenskappe
Graad 4
Die planeet aarde en die heelal
Module 39
Sonsopkoms en sonsondergang
Aktiwiteit:
Om die tye van sonsopkoms en sonsondergang te ondersoek
[LU 1.2]
Die groot geel bal
Die son is eintlik ‘n baie groot ster wat soos ‘n vuurbal in die middel van die heelal lyk. Dit verskaf aan die aarde lig en warmte wat alle lewende wesens nodig het om te groei. Die energie wat binne-in die son vrygestel word, veroorsaak dat die son skyn. Daar is sonvlekke op die son wat dikwels gesien kan word.
Hou ‘n groepbespreking oor die volgende vrae:
- Uit watter rigting kom die son soggens op?
- In watter rigting gaan die son saans onder?
- Waar, dink julle, gaan die son saans heen?
Hou rekord van die tye van die sonsopkoms en sonsondergang vir twee weke lank. Wat kom jy agter?
Assessering
LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
- ondersoek uitvoer en data versamel.
Memorandum
Mnr. Breinsel:
- Jong, hoe warm is dit daar by die son?Antwoord:
- 6 000°C (60 x die temperatuur van kookwater)
Hou ‘n groepbespreking oor die volgende vrae:
- Uit watter rigting kom die son soggens op? Uit die ooste
- In watter rigting gaan die son saans onder? In die weste
- Waar, dink julle, gaan die son saans heen? Gaan nêrens heen nie; die aarde draai om sy eie as; dit skyn nou in ‘n ander deel van die wêreld.
Tyd van sonsopkoms en sonsondergang
Hou 2 weke lank rekord van die sonsopkoms en sonsondergang deur elke dag die koerant skool toe te laat bring en die kinders self te laat kyk na die weerberig. Hulle moet die tyd van die sonsopkoms- en sonsondergang tabuleer. Hulle raak gewoonlik baie opgewonde as hulle sien hoe die tye elke dag verskil!