<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Relatiewe frekwensie vs. Waarskynlikheid

Daar is twee maniere om die waarskynlikheid van enige gebeurtenis van 'n lukrake eksperiment te bepaal:

  1. Bepaal die totale aantal moontlike uitkomstes en bereken die waarskynlikheid deur die definisie te gebruik of
  2. doen die eksperiment en bereken die relatiewe frekwensie van elke uitkomste.

Relatiewe Frekwensie word gedefiniëer as die aantal kere wat 'n gebeurtenis in 'n eksperiment plaasvind, gedeel deur die aantal kere wat die eksperiment gedoen is.

Dit verg 'n baie groot aantal eksperimente voor die relatiewe frekwensie van gebeurtenis gelyk is aan die waarskynlikheid daarvan. Byvoorbeeld: die data in [link] verteenwoordig die uitkomste van 100 proewe van 'n statistieke eksperiment (die gooi van 'n muntstuk 100 keer).

Uitslae van 100 gooie van 'n regverdige muntstuk. K beteken die muntstuk het met sy kop na bo geland en S beteken die muntstuk het met sy stert na bo geland.
K S S K K S K K K K
K K K K S K K S S S
S S K S S K S K S K
K K S S K S S K S S
S K K K S S K S S K
K S S S S K S S K K
S S K S S K S S K S
K S S K S S S S K S
S K S S K K K S K S
S S S K K S S S K S

Die volgende twee voorbeelde wys dat die relatiewe frekwensie van 'n gebeurtenis nie noodwendig gelyk is aan die waarskynlikheid daarvan nie. Relatiewe frekwensie behoort dus eerder beskou te word as 'n benaderde waarskynlikheid.

Bepaal die relatiewe frekwensie wat met elke uitkoms in die volgende data geassosiëer word [link] .

  1. Daar is twee unieke uitkomste: K en S.

  2. Uitkoms Frekwensie
    K 44
    S 56
  3. Die statistieke eksperiment van die muntstuk gooi was 100 keer uitgevoer. Daarom was daar 'n totaal van 100 proewe.

  4. Waarskynlikheid van K = frekwensie van uitkoms aantal proewe = 44 100 = 0 , 44 Relatiewe frekwensie van S = frekwensie van uitkoms aantal proewe = 56 100 = 0 , 56

    Die relatiewe frekwensie van die muntstuk gooie om kop te lewer is 0,44 en die relatiewe frekwensie om stert te lewer is 0,56.

Bepaal die waarskynlikheid van 'n regverdige muntstuk om op enige kant te land.

  1. Daar is twee unieke uitkomste: K en S.

  2. Daar is twee moontlike uitkomste.

  3. Relatiewe Frekwensie van K = aantal gunstige uitkomste totale aantal uitkomste = 1 2 = 0 , 5 Relatiewe Frekwensie van S = aantal gunstige uitkomste totale aantal uitkomste = 1 2 = 0 , 5

    Die waarskynlikheid van 'n regverdige muntstuk om op enige kant te land is 0,5 .

Projek idee

Voer 'n eksperiment uit wat wys dat die relatiewe frekwensie die waarskynlikheid van 'n gegewe uitkoms benader soos wat die aantal proewe toeneem. Doen 10, 20, 50, 100 en 200 proewe van die gooi van 'n muntstuk.

Interpretasie van waarskynlikheidswaardes - (nie in caps, maar ingesluit vir volledigheid)

Die waarskynlikheid van 'n gebeurtenis word dikwels uitgedruk as 'n reële getal tussen 0 en 1, ingesluit. Waar 'n onmoontlike waarskynlikheid deur 0 en 'n versekerde waarskynlikheid deur 1 voorgestel word. Tog is 0 waarskynlikheid gebeure nie altyd onmoontlik nie, terwyl 1 waarskynlikheid gebeure nie altyd verseker is nie. Hierdie subtiele verskil tussen seker en waarskynlikheid 1 word verder bespreek in die gedeelte "amper seker".

Questions & Answers

what is biology
daniel Reply
what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask