<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Saamgestelde rente

Om die begrip van saamgestelde rente te verduidelik, word die volgende voorbeeld bespreek:

Ek deponeer R1 000 in 'n spesiale bankrekening wat enkelvoudige rente van 7% per jaar betaal. Gestel ek onttrek al die geld uit die rekening aan die einde van die eerste jaar; dan neem ek die aanvangsbedrag sowel as die rente van die eerste jaar en deponeer dit weer in dieselfde rekening aan die begin van die tweede jaar. Dan onttrek ek alles aan die einde van die tweede jaar, en deponeer alles weer aan die begin van die volgende jaar. Ek onttrek al die geld aan die einde van 3 jaar.

    • Aanvangsbedrag, P = R 1 000
    • Rentekoers per interval, i = 7 %
    • Aantal tydsintervalle, 1 jaar per keer, vir 3 jaar

    Ons moet bepaal wat die eindbedrag aan die einde van 3 jaar sal wees.

  1. Ons weet reeds dat:

    A = P ( 1 + i · n )
  2. A = P ( 1 + i · n ) = R 1 000 ( 1 + 1 × 7 % ) = R 1 070
  3. Aan die einde van die eerste jaar het ons al die geld onttrek en dit weer belê aan die begin van die tweede jaar. Die aanvangsbedrag vir die tweede jaar is dus R 1 070 , want dit was die eindbedrag aan die einde van die eerste jaar.

    A = P ( 1 + i · n ) = R 1 070 ( 1 + 1 × 7 % ) = R 1 144 , 90
  4. Aan die einde van die tweede jaar het ons al die geld onttrek en dit weer belê aan die begin van die derde jaar. Die aanvangsbedrag vir die derde jaar is dus R 1 144 , 90 , want dit was die eindbedrag na die tweede jaar.

    A = P ( 1 + i · n ) = R 1 144 , 90 ( 1 + 1 × 7 % ) = R 1 225 , 04
  5. Die eindbedrag op 'n belegging van R1 000, nadat al die geld aan die einde van 'n jaar onttrek is en weer belê is vir die volgende jaar vir 'n tydperk van 3 jaar teen 'n koers van 7% per jaar, is R1 225,04.

In die twee uitgewerkte voorbeelde waar enkelvoudige rente gebruik is ( [link] and [link] ), het ons basies dieselfde probleem, want P =R1 000, i =7% per jaar en n = 3 jaar vir albei probleme. Die verskil is dat ons in die tweede voorbeeld geëindig het met R1 225,04 wat R1 210 meer is as in die eerste voorbeeld. Wat het verander?

In die eerste voorbeeld het ek elke jaar R70 verdien - dieselfde bedrag in die eerste, tweede en derde jaar. In die tweede voorbeeld, toe ek die geld onttrek en weer belê het, het ek eintlik in die tweede jaar rente verdien op die rente (R70) van die eerste jaar. (En in die derde jaar het ek rente op rente op rente verdien!)

Hierdie voorbeeld gee 'n weergawe van wat elke dag in die wêreld gebeur en dit staan bekend as Saamgestelde Rente. Dit is die begrip wat onderliggend is aan omtrent alles wat ons doen - ons sal dit dus vervolgens goed bestudeer.

Saamgestelde Rente

Saamgestelde rente is die rente wat bereken word op die aanvangsbedrag en op die opgeloopte rente.

Saamgestelde rente is egter 'n swaard wat na twee kante toe sny: wonderlik as jy rente verdien op geld wat jy belê het, maar baie erger as jy rente moet betaal op geld wat jy geleen het!

Laat ons 'n formule ontwikkel vir saamgestelde rente op dieselfde manier as wat ons 'n formule ontwikkel het vir enkelvoudige rente.

Questions & Answers

what is biology
daniel Reply
what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask