<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Metode: Berekening van die persentiele

  1. Rangskik die data vanaf kleinste na grootste of vanaf grootste na kleinste.
  2. Tel die hoeveelheid datawaardes wat voorkom in die datastel.
  3. Deel die hoeveelheid datawaardes deur 100. Die resultaat is die hoeveelheid datawaardes per groep.
  4. Bereken die datawaardes wat ooreenstem met die eerste, tweede en derde kwartiele deur die gebruik van die aantal datawaardes per kwartiel.

Vyfgetalopsomming

Ons kan 'n datastel opsom deur die vyfgetalopsomming te gebruik. Hierdie opsomming gee die laagste datawaarde, die hoogste datawaarde, die mediaan, die eerste (laagste) kwartiel en die derde (hoogste) kwartiel. Beskou die volgende stel data:5, 3, 4, 6, 2, 8, 5, 4, 6, 7, 3, 6, 9, 4, 5. Ons orden die data as volg: 2, 3, 3, 4, 4, 4, 5, 5, 5, 6, 6, 6, 7, 8, 9. Die laagste datawaarde is 2, die hoogste datawaarde is 9, die mediaan is 5, die eerste kwartiel is 4 en die derde kwartiel is 6. So, die vyfgetalopsomming is: 2, 4, 5, 6, 9.

Houerstipping

Die vyfgetalopsomming kan grafies voorgestel word met 'n houer-en-punt-stipping (box and whisker plot). Die hoofeienskappe van 'n houerstipping word gegee in [link] . Die 'houer' kan horisontaal of vertikaal geplaas word. Vir 'n horisontale diagram is die linkerkant van die houer ('box') by die eerste kwartiel en die regterkant van die houer by die derde kwartiel. Die hoogte van die houer is arbitrêr want daar is geen y-as nie. Binne-in die houer word 'n maatstaf van sentrale neiging aangedui deurdat die mediaan gemerk word met 'n vertikale lyn wat die houer in twee dele opdeel. Die gemiddelde word aangedui met 'n ster of asterisk wat in die houer geplaas is, gesentreer in die vertikale rigting. Lyne vanaf die kante van die houer strek na links tot by die mimimumwaarde en na regs tot by die maksimumwaarde. Dit word getoon vir die datastel 5, 3, 4, 6, 2, 8, 5, 4, 6, 7, 3, 6, 9, 4, 5.

boxwhisker
Hoofeienskappe van 'n houerstipping

Trek 'n houerstipping vir die datastel: x = { 1,25 ; 1,5 ; 2,5 ; 2,5 ; 3,1 ; 3,2 ; 4,1 ; 4,25 ; 4,75 ; 4,8 ; 4,95 ; 5,1 } .

  1. Minimum = 1,25
    Maximum = 5,10
    Die posisie van die eerste kwartiel is tussen 3 en 4.
    Die posisie van die tweede kwartiel is tussen 6 en 7.
    Die posisie van die derde kwartiel is tussen 9 en 10.
    Die datawaarde tussen 3 en 4 is: 1 2 ( 2,5 + 2,5 ) = 2,5
    Die datawaarde tussen 6 en 7 is: 1 2 ( 3,2 + 4,1 ) = 3,65
    Die datawaarde tussen 9 en 10 is: 1 2 ( 4,75 + 4,8 ) = 4,775

Oefeninge – opsomming van data

  1. Drie stelle data is gegee:
    1. Datastel 1: 9 12 12 14 16 22 24
    2. Datastel 2: 7 7 8 11 13 15 16 16
    3. Datastel 3: 11 15 16 17 19 19 22 24 27. Vir elkeen vind:
      1. die reeks
      2. die laagste kwartiel
      3. die interkwartielvariasiewydte
      4. die half-interkwartielvariasiewydte
      5. die mediaan
      6. die boonste kwartiel
    Kliek hier vir die oplossing
  2. Daar is 1 lekker in een houer en daar is 3 in die tweede houer. Die gemiddelde aantal lekkers in die eerste twee houers is 2.
    1. As die gemiddelde aantal in die eerste drie houers 3 is, hoeveel lekkers is daar in die derde houer?
    2. As die gemiddelde aantal in die eerste vier houers 4 is, hoeveel lekkers is daar in die vierde houer?
    Kliek hier vir die oplossing
  3. Vind 'n stel van vyf ouderdomme, waar die gemiddelde ouderdom 5 is, die modale ouderdom 2 is en die mediaan ouderdom 3 is.
    Kliek hier vir die oplossing
  4. Vier vriende het elk 'n paar albasters. Hulle bereken dat die gemiddelde aantal albasters wat hulle het 10 is. Een van die vriende gaan weg. Sy het 4 albasters. Hoeveel albasters het die vriende wat oorbly altesaam?
    Kliek hier vir die oplossing
  5. Jason werk in 'n rekenaarwinkel. Sy maandelikse rekenaarverkope oor 'n aantal maande word gegee in die onderstaande datastel: 27; 39; 3; 15; 43; 27; 19; 54; 65; 23; 45; 16Stel sy verkope voor met 'n vyfpuntopsomming en 'n houerstipping.
  6. Lisa werk as 'n telefoonverkope operateur. Sy teken die aantal verkope wat sy in 'n maand maak aan. Die data toon hoeveel sy elke maand verkoop: 49; 12; 22; 35; 2; 45; 60; 48; 19; 1; 43; 12Gee 'n vyfgetalopsomming en 'n houerstipping van haar verkope.
  7. Rose het in 'n bloemistewinkel gewerk vir nege maande. Sy het volgende aantal trouruikers verkoop: 16; 14; 8; 12; 6; 5; 3; 5; 7
    1. Wat is die vyfgetalopsomming van die data?
    2. Aangesien daar 'n onewe aantal datapunte is, wat merk jy op wanneer jy die vyf punte bereken?

Ons kan die konsepte van gemiddelde, mediaan en modus toepas op gegroepeerde data. Gegroepeerde data het nie individuele datapunte nie, maar die data is georganiseer in groepe of klasse. Om die gemiddelde te bereken moet ons al die frekwensies optel en verdeel deur die totaal. Ons weet nie wat die werklike datawaardes is nie, maar ons kry die benaderde waarde deur die middelpunte van elke groep te gebruik. Ons vermenigvuldig dan die middelpuntwaardes met die frekwensie. Ons tel hierdie getalle bymekaar om die benaderde totaal van die datawaardes te kry. Die modale groep/klas is die groep/klas met die hoogste frekwensie. Die mediaangroep is die groep wat die middelwaardes bevat.

Maatstawe van verspreiding kan ook gevind word vir gegroepeerde data. Die variasiewydte word verkry deur die kleinste getal in die laagste klas af te trek van die grootste getal in die hoogste klas. Die kwartiele word op dieselfde wyse bereken as die mediaan.

Beskou die volgende groepeerde data en bereken die gemiddeld, die modale klas en die mediaanklas.

Massa (kg) Frekwensie
41 - 45 7
46 - 50 10
51 - 55 15
56 - 60 12
61 - 65 6
Totaal = 50
  1. Om die gemiddelde waarde te bereken, moet ons al die massas optel en deur 50 deel. Ons weet nie wat die werklike massas is nie, dus neem ons die benaderde getal deur die middelpunt van elke klas te kies. Ons vermenigvuldig daardie middelpuntwaarde met die frekwensie. Gevolglik tel ons daardie waardes op om die benaderde totaal van die massas te kry. Dit word getoon in die tabel hieronder.

    Massa (kg) Middelpunt Frekwensie Midpt × Frek
    41 - 45 (41+45)/2 = 43 7 43 × 7 = 301
    46 - 50 48 10 480
    51 - 55 53 15 795
    56 - 60 58 12 696
    61 - 65 63 6 378
    Totaal = 50 Totaal = 2650
  2. Die gemiddeld = 2650 50 = 53 .

    Die modale klas is die klas 51 - 53 want dit het die hoogste frekwensie.

    Die mediaangroep is die groep 51 - 53, want die 25ste en 26ste terme val in hierdie groep.

Meer oor gemiddeld, modus en mediaan van gegroepeerde data

In elke datastel, vind die gemiddeld, die modalde klas en die mediaanklas.

  1. Tye neergeskryf terwyl leerders ‘n speletjie gespeel het.
    Tyd in sekondes Frekwensie
    36 - 45 5
    46 - 55 11
    56 - 65 15
    66 - 75 26
    76 - 85 19
    86 - 95 13
    96 - 105 6
    Kliek hier vir die oplossing
  2. Die volgende data het ons gekry by ‘n groep leerders.
    Massa in kilogram Frekwensie
    41 - 45 3
    46 - 50 5
    51 - 55 8
    56 - 60 12
    61 - 65 14
    66 - 70 9
    71 - 75 7
    76 - 80 2
    Kliek hier vir die oplossing

Questions & Answers

how to create a software using Android phone
Wiseman Reply
how
basra
what is the difference between C and C++.
Yan Reply
what is software
Sami Reply
software is a instructions like programs
Shambhu
what is the difference between C and C++.
Yan
yes, how?
Hayder
what is software engineering
Ahmad
software engineering is a the branch of computer science deals with the design,development, testing and maintenance of software applications.
Hayder
who is best bw software engineering and cyber security
Ahmad
Both software engineering and cybersecurity offer exciting career prospects, but your choice ultimately depends on your interests and skills. If you enjoy problem-solving, programming, and designing software syste
Hayder
what's software processes
Ntege Reply
I haven't started reading yet. by device (hardware) or for improving design Lol? Here. Requirement, Design, Implementation, Verification, Maintenance.
Vernon
I can give you a more valid answer by 5:00 By the way gm.
Vernon
it is all about designing,developing, testing, implementing and maintaining of software systems.
Ehenew
hello assalamualaikum
Sami
My name M Sami I m 2nd year student
Sami
what is the specific IDE for flutter programs?
Mwami Reply
jegudgdtgd my Name my Name is M and I have been talking about iey my papa john's university of washington post I tagged I will be in
Mwaqas Reply
yes
usman
how disign photo
atul Reply
hlo
Navya
hi
Michael
yes
Subhan
Show the necessary steps with description in resource monitoring process (CPU,memory,disk and network)
samuel Reply
What is software engineering
Tafadzwa Reply
Software engineering is a branch of computer science directed to writing programs to develop Softwares that can drive or enable the functionality of some hardwares like phone , automobile and others
kelvin
if any requirement engineer is gathering requirements from client and after getting he/she Analyze them this process is called
Alqa Reply
The following text is encoded in base 64. Ik5ldmVyIHRydXN0IGEgY29tcHV0ZXIgeW91IGNhbid0IHRocm93IG91dCBhIHdpbmRvdyIgLSBTdGV2ZSBXb3puaWFr Decode it, and paste the decoded text here
Julian Reply
what to do you mean
Vincent
hello
ALI
how are you ?
ALI
What is the command to list the contents of a directory in Unix and Unix-like operating systems
George Reply
how can i make my own software free of cost
Faizan Reply
like how
usman
hi
Hayder
The name of the author of our software engineering book is Ian Sommerville.
Doha Reply
what is software
Sampson Reply
the set of intruction given to the computer to perform a task
Noor
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask