<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 1

LU 1.5

INFLASIE

Bestudeer die volgende uittreksel uit 'n artikel wat gedurende Augustus 2002 in Die Burger verskyn het, en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

BRON

"Statistieke Suid-Afrika (SSA) het gister bekend gemaak dat die VPI (verbruikersprysindeks) - die allesomvattende maatstaf van inflasie - het in Julie met 10,6% gestyg. Die styging is onder andere veroorsaak deur 'n toename van 5,2% in behuisingskoste vergeleke met Junie vanjaar. Die verhoging van die handelsbanke se rentekoerse van 15% tot 16% in Junie is as rede vir die skerp toename in behuisingskoste aangevoer.

Behuising, voedsel en vervoer maak meer as die helfte van die VPI-mandjie van goedere uit. Skerp toenames in dié komponente verklaar die skerp styging in inflasie. Verwys na die volgende tabel:

SO IS VERBRUIKERS SE SAK GERUK

Item %-styging sedert Julie 2001

BEHUISING 16,76%

VOEDSEL 16,83%

MEDIESE KOSTE 12,72%

VERVOER 6,72%

(Bron: Standard Bank)

Voedselpryse het vanjaar 'n belangrike bydrae tot die inflasiemonster gelewer. Mnr Craig Irwing van die Consumer Insight Agency wat onder meer verbruikersake namens groot ondernemings ondersoek, meen die prysverhogings is 'n wekroep tot prioriteite: 'Jy moet besluit wat jy gaan prysgee. Dit gaan waarskynlik onvermydelik wees. Die groot vraag is net wat? Gaan dit 'n ekstra skoolhemp of 'n bottel wyn wees? In die meeste gevalle sal dit hopelik die luukse wees' het Irwing gesê.

Me Basson van Salon Karin verwag dat al hoe minder mense haarsalonne sal besoek. 'Waarom sal klante die salonne besoek as hulle hul hare goedkoper tuis kan kleur en versorg?'

BRON

Hoewel die meeste gesinne probeer om nou en dan uit te eet, bestee hul al minder per ete. 'n Bestuurder by Spur beweer dat klante nou eerder 'n 200 g-biefstuk as een van 500 g bestel. Waar hulle minstens twee keer per maand uitgeëet het, kan hulle dit nou hoogstens een keer per maand bekostig.

Mediese dienste is een van die wat die hardste geslaan sal word deur die inflasiestyging. Pasiënte begin toenemend vra na generiese ekwivalente van duur medisyne."

Augustus 2002 - Die Burger

  1. Wat is die belangrikste oorsake vir die voortdurende stygings in die pryse van die volgende kommoditeite?

Behuising:

Vervoer:

Voedsel:

Mediese koste:

  1. Verwys die bostaande artikel na VRAAG-INFLASIE of KOSTE-DRUK-INFLASIE? HOEKOM?

Aktiwiteit 2

LU 1.5

INFLASIE

Doen navorsing oor die volgende onderwerpe en lewer 'n geskrewe voorlegging daaroor in.

  1. Verduidelik wat is die funksie en doel van STATISTIEK SUID-AFRIKA.(SSA)
  2. Verduidelik wat julle verstaan onder die begrip "VPI-mandjie".
  3. Met verwysing na die vier kommoditeite hierbo genoem, wat stel julle voor behoort verbruikers te doen om nie hul finansiële omstandighede te verswak nie?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder sal in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 1.1 die historiese ontwikkeling van geld en die rol daarvan in samelewings en hul ekonomieë kan beskryf;
  • 1.2 die wyse kan bespreek waarop handel (invoer en uitvoer) die ekonomiese probleem (keuse- en geleentheidskoste) aanspreek, asook die rol van banke in belegging in die ekonomie;
  • 1.3 kan verduidelik hoe verskillende ekonomiese sisteme die ekonomiese probleem aanspreek (bv beplande, mark- en gemengde ekonomieë);
  • 1.4 die rol, regte en verantwoordelikhede van vakbonde kan bespreek; (en)
  • 1.5 kan verduidelik wat inflasie is en redes vir veranderinge in die inflasiekoerse kan bespreek.

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask