<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Energie en verandering

Module 32

Die mens se gebruik van elektriese energie

Aktiwiteit:

Om te ondersoek hoe elektriese energie deur die mens gebruik word

[lu 1.2, 1.3, 2.2]

In ons land, Suid-Afrika

Ons kry ons elektrisiteit van kragsentrales wat elektrisiteit aan die hele land voorsien. Elke dorp of stad se energievoorsiening hang af van die grootte van die gebied, die getal huise, die getal fabrieke en die getal mense.

Knip prentjies uit ou tydskrifte om die gebruik van elektrisiteit in julle dorp of stad uit te beeld. Plak dit op ‘n vel papier.

Skryf ‘n kort sinnetjie oor energieverbruik in die volgende plekke. Beskryf hoe jou eie kultuurgroep deur die jare wat verby is veilige maniere gevind het om energie te gebruik.

Op plase:

In fabrieke:

In myngebiede:

In ons gemeenskap:

Maak jou eie lys van die plekke waar elektrisiteit in ons gemeenskap gebruik word.

Hieronder volg drie opdragte. Kies een en doen ‘n rolspel daaroor.

Daar is ‘n kragonderbreking in jou skool. hoe beïnvloed dit:

  1. jou?
  2. jou onderwyser?
  3. die opsigter?
  4. die sekretaresse?
  5. die skoolhoof?

Daar is sommige skole in ons land wat nie elektrisiteit het nie. Wat dink jy doen hulle om hulle skoolwerk te doen?

Daar is ‘n kragonderbreking in die hospitaal. hoe beïnvloed dit:

  1. die pasiënt?
  2. die dokter en verpleegpersoneel?
  3. die kombuis?
  4. die teater?

Daar is ‘n kragonderbreking in die supermark. hoe beïnvloed dit:

  1. die kliënt?
  2. die bestuurder?
  3. die kasregister?
  4. die bakkery-afdeling
  5. die vleisafdeling
  6. die yskaste?

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • ondersoeke uitvoer en data versamel;
  • data evalueer en bevindings kommunikeer.

LEERUITKOMS 2: KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPLIKE KENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

2.2 inligting kategoriseer.

Memorandum

In ons land Suid-Afrika

Skryf ‘n kort sinnetjie oor energieverbruik in die volgende plekke: (Die kinders moet hulle eie sinne volgens hul kulturele groep skryf, hoe deur die jare wat verby is, hulle veilige maniere gevind het om energie te gebruik. Hierdie sinne is net riglyne.)

Op plase:

Boere gebruik elektrisiteit om tyd, energie en geld te bespaar, maar dan het hy dalk nie so baie werkers nodig nie.

In fabrieke:

Fabrieke kan nie sonder elektrisiteit werk nie. Die masjiene wat produkte maak, werk baie lang ure.

In myngebiede:

Masjiene wat in myne gebruik word, gebruik elektrisiteit. Dit bespaar tyd en maak die myners se taak makliker.

In ons gemeenskap

Lys die plekke waar elektrisiteit in ons gemeenskap gebruik word.

  • Huise
  • Supermarkte
  • Apteke
  • Hospitale
  • Strate
  • Inkopiesentrums
  • Kerke
  • Enige aanvaarbare antwoord

Kolom AKolom BMaak nat klere droogTuimeldroërKyk stories en natuurprogrammeTelevisieNeem boodskappe wanneer iemand nie tuis is nieTelefoonantwoordmasjienHou die lug koel in ‘n vertrekLugversorgerKook kos daaropStoofWas vuil klereWasmasjienMaak ons klere weer netjiesStrykysterLuister na musiekHoëtroustel

Questions & Answers

what is biology
daniel Reply
what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask