<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Muggie deel 3

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Oupa sê die muise moet wegtrek want daar het meer gevare opgeduik. Muggie word genooi om ‘n naweek by die leerders deur te bring en hy skryf daaroor.

Daar is gediggies om na te luister, te bespreek en te lees, woorde om in alfabetiese volgorde te plaas en ‘n prentjie- en kodeboodsap om te ontsyfer.

  • SKRIF
, , , , , , word aangeleer.
  • KLANKE EN WOORDBOU

Meervoude soos broer – broers; kind – kinders; vrou – vrouens; lam – lammers; kies – kieste; graaf – grawe; dag – dae word aangeleer.

Spelwoorde met dubbel medeklinkers bv. binne; woorde met ‘n kappie bv. sê; en woorde met ‘n deelteken bv. reën word aangeleer.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees.

Onthou julle in Module 4 het die uil bo in die boom vir Muggie en sy familie bedreig? Muggie het jou brief gelees. Hy het vir Oupa Muis vertel.

Al die muise was baie bekommerd.

“Ons kan nie langer hier bly nie,” sê Oupa.

“Jou maatjie het ons gehelp om ‘n klok om die kat se nek te hang, maar ek dink nie hy sal ons nou kan help nie.

Julle weet mos uile slaap nie in die nag nie. Dit is wanneer hulle jag. Hulle het baie goeie oë en kan goed in die donker sien.

Môre sal ek rondkyk vir ‘n veiliger verblyfplek.”

“Maar Oupa,” sê Muggie, “dit was so lekker hier! Ons het so lekker hier by die skool gebly. Hier was so baie om te eet. Kan ons nie maar bly nie?”

“Nee, Muggie, dit is te gevaarlik. Ons sal moet trek! Gisteraand het die uil vir Neef Rot gevang en eergisteraand het ek self gesien hoe die uil ‘n klein hasie in sy kloue wegdra. So, geen verdere argumente nie! Ons moet trek!”

  • Wat dink jy, moet hulle trek of moet hulle bly?
LU 3.2.1
  • Lees en beplan jou brief.

Muggie is baie ontsteld. Hy wil nie weggaan nie. Hy het vir jou ‘n brief geskryf om vir jou te sê wat Oupa Muis besluit het.

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask