<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 3

Bewaring van ons seelewe

Module 5

Besoedeling

Watter soort rommel kry ons op die strande? Skryf die woord neer en teken ‘n prentjie onder elke woord.

Bespreek in julle groepe:

  • Wat gee aanleiding tot die besoedelingsprobleem?
  • Wat kan julle alles doen om ons kus teen besoedeling te bewaar?
  • Skryf vyf gedagtes neer.

Bespreek die prent in julle groepe.

  • Identifiseer al die rommel wat op die strand lê.
  • Trek ‘n sirkel met ‘n rooi kryt om elke stukkie rommel.
  • Kleur die res van die prent netjies in.

Gebruik die volgende woorde in goeie sinne. albei sinne moet ons meer van die see vertel.

gevaarlik skoon

  • Ontwerp ‘n groot bord wat op die strande aangebring kan word.
  • Waarsku die mense om nie op die strande rommel te strooi nie.
  • Bespreek in julle groep hoe die houer vir die rommel op die strand gaan lyk. Teken ‘n eenvoudige prentjie en vergelyk dit met die res van die groep se tekeninge.

Dink jy julle houer sal gebruik kan word?

  • Gee twee redes waarom jy dink die munisipaliteit sal julle houers kan gebruik.

Onthou: Elkeen van ons moet help om ons seelewe te bewaar. Moenie wat mooi is, beskadig nie. Gee om vir ons natuur!

Bespreek watter ander soort besoedeling ons nog kry. Watter ander projek kan julle nog aanpak? Dink aan lugbesoedeling, vuil parke, geraas, ensovoorts.

Kleur die maats wat bymekaar pas dieselfde in:

Assessering

ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s)
LEWENSORIëNTERINGLU 1
GESONDHEIDS-BEVORDERING Die leerder sal in staat wees om ingeligte besluite te neem oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 aan herwinningsprojek deelneem en verduidelik hoe herwinning tot omgewings-gesond bydra.
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELING Die leerder sal in staat wees om aangeleerde lewens-vaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te bereik en te ontwikkel, sodat hy of sy effektief op uitdagings in sy of haar wêreld kan reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder :
3.5 groepwerkvaardighede identifiseer en dit konsekwent toepas.
AARDRYKSKUNDELU 3
VERKENNING Die leerder sal in staat wees om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsake en probleme te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 ‘n besoedelingsprobleem identifiseer (bv. Die besoedeling van ons seelewe);3.2 beskryf wat tot die besoedeling aanleiding gee;3.4 maniere suggereer waarop die besoedelingsprobleem verminder kan word;3.5 oplossings voorstel om die beste resultate te kry.
NATUURWETENSKAP LU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEKE Die leerder sal in staat wees om met selfvertroue op nuuskierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om verwantskappe te ondersoek en probleme in wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskontekste op te los.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 Heroorweeg : verduidelik en reflekteer oor watter handeling bedoel was en of die plan uitvoerbaar was (besin oor hoe die groep se handeling tot die doel bygedra het; dink oor ander onderwerpe of probleme wat ondersoek kan word).
TEGNOLOGIELU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE Die leerder sal in staat wees om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toe te pas, met gebruikmaking van geskikte inligting- en kommunikasietegnologieë.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 Ondersoek : Vind uit waarom bestaande produkte met betrekking tot ’n probleem, behoefte of geleentheid gepas vir die doel daarvan is.1.3 Ontwerp : verskillende moontlike oplossings voorstel, een kies en ‘n vryhandskets daarvan maak;1.4 Maak : verduidelik hoe die houer gemaak gaan word en wat gebruik gaan word om dit te maak;1.6 Evalueer : die sterk en swak punte van eie produk sowel as van dié van ander identifiseer.

Memorandum

  • Ontwerp ‘n houer waarin rommel gegooi kan word (Teg 1.2, 1.3, 1.4).
  • Indien u skool naby die kus is, reël ‘n uitstappie waar die leerders die geleentheid kry om die strand skoon te maak. Andersins kan ‘n rivierwal of spruit in die omgewing ook opgeruim word.
  • Herwinningsprojek: organiseer ‘n herwinningsprojek waarby al die grade betrokke kan raak (LO 1.2).
  • Liedjies aanleer: “Daar is vissies in die water” en/of “Kinders moenie in die water mors nie...”

Questions & Answers

what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11106/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask