<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Dit gaan alles oor vraag en aanbod - aspekte wat 'n belangrike afdeling is in die studie van Ekonomie. Jy kan in baie verskillende kontekste hieraan dink, soos byvoorbeeld die versameling van seëls. As daar 'n seël is wat 'n klomp mense graag wil hê (hoë vraag) en min mense wat die seël het (lae aanbod) dan sal daardie seël baie duur wees.

En as jy begin wonder waarom dit van belang is, dink aan geldeenhede. As jy London toe gaan, dan het jy rande, maar jy moet ponde "koop". Die wisselkoers is die prys wat jy gaan betaal om daardie ponde te koop.

Dink aan 'n tyd wanneer daar baie Suid-Afrikaners is wat die Verenigde Koninkryk besoek, en ander Suid-Afrikaners voer goedere in uit die Verenigde Koninkryk. Dit beteken dat daar baie rande (hoë aanvraag) is wat probeer om ponde te koop. Ponde sal duurder begin raak (vergelyk dit met die voorbeeld oor huispryse aan die begin van hierdie afdeling as jy nie oortuig is nie), en die wisselkoers sal verander. Met ander woorde, vir R1 000 sal jy nou minder ponde kry as wat jy sou gekry het voordat die wisselkoers verander het.

'n Ander agtergrond kan handig wees om jou te help om te verstaan: dink wat sou gebeur as mense in ander lande dink dat Suid-Afrika 'n wonderlike plek is om te bly, en dat meer mense in Suid-Afrika wil belê - dalk in eiendom, besighede - of dat mense meer goedere uit Suid-Afrika begin koop. Daar is dan 'n groter vraag na rand - en die "prys van rand" sal styg. Met ander woorde, mense het meer dollars, of ponde, of euros nodig om dieselfde hoeveelheid rand te koop. Dit word gesien as verandering in wisselkoerse.

Alhoewel dit neerkom op vraag en aanbod, is dit interessant om te dink watter faktore die aanbod (mense wat 'n sekere geldeenheid wil "verkoop") en die vraag (mense wat probeer om 'n ander geldeenheid te "koop") sal beïnvloed. Dit word in detail behandel in die studie van Ekonomie, maar laat ons hier na 'n paar basiese aspekte kyk.

Daar is verskeie faktore wat die wisselkoers beïnvloed. Sommige het meer ekonomiese onderbou as ander:

  • ekonomiese faktore (soos inflasiesyfers, rentekoerse, handelstekort inligting, monetêre beleid en fiskale beleid)
  • politieke faktore (soos 'n onseker politieke omgewing of politieke onrus)
  • marksentiment en markgedrag (byvoorbeeld, as buitelandse wisselkoersmarkte 'n geldeenheid lees as oorwaardeer en begin om die geldeenheid te verkoop, sal dit lei tot 'n daling in die waarde van die geldeenheid - 'n selfvervullende verwagting).

Die wisselkoers beïnvloed die prys wat ons betaal vir sekere produkte. Alle lande voer sekere goedere in en voer ander goedere uit. Suid-Afrika, byvoorbeeld, het baie minerale (goud, platinum, ens.) wat die res van die wêreld wil hê. Dus voer Suid-Afrika hierdie minerale uit na die wêreld teen 'n sekere prys. Die wisselkoers wanneer die goedere uitgevoer word, beïnvloed hoeveel ons daarvoor kry. Op dieselfde wyse sal enige goedere wat ingevoer word, ook beïnvloed word deur die wisselkoers. Die prys van brandstof is 'n goeie voorbeeld hiervan.

Questions & Answers

what is biology
daniel Reply
what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask