<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 5

Verbeter jou lewenstandaard

Module 5

Verskille in lewenstandaarde

Deur die eeue het die mens se behoeftes en begeertes baie verander.

Vergelyk byvoorbeeld die lewe van jou groot-grootouers op ‘n plaas aan die begin van die vorige eeu, met joune, ± 100 jaar later, aan die hand van die volgende tabel:

Groot-grootouers Vandag
Vervoer Perdekar op grondpaaie
Opvoeding Miskien tot Graad 9
Vermaak Kuier by buurplaas
Mediese dienste Rondreisende geneesheer
Voedsel Rondreisende handelaar
Water Plaasdam en reënwater

[LU 2.1]

Verskillende gemeenskappe het verskillende behoeftes en slaag nie altyd daarin om almal te bevredig nie. Hoe meer ‘n gemeenskap daarin slaag om sy behoeftes te bevredig, hoe hoër word die standaard van lewe van die gemeenskap.

So streef mense met ‘n lae inkomste hoofsaaklik daarna om oorlewingsbehoeftes te bevredig, terwyl ander met ‘n hoër inkomste daarin kan slaag om luukse behoeftes en begeertes sowel as oorlewingsbehoeftes te bevredig.

In die volgende drie illustrasies word drie verskillende gemeenskappe in Suid-Afrika uitgebeeld. Bestudeer dit deeglik en doen dan ‘n vergelykende studie aan die hand van die tabel.

Openbare goedere en dienste wat aan gemeenskap voorsien word.
A B C

[LU 2.1]

Die regering het as deel van sy hervormingsprojek R5 000 000 begroot vir die ontwikkeling van ‘n gemeenskap wat in ‘n afgesonderde vallei buite Cathcart in die Oos-Kaap gevestig is (bladsy 6). Hierdie geld moet aangewend word om die mees onmiddellike behoeftes aan te spreek. Die fondse sal nie voldoende wees om al die behoeftes onmiddellik aan te spreek nie en sal later vanuit eie geledere aangevul moet word.

Groepwerk

Maak ‘n lys van die openbare goedere en dienste wat julle voel eerste ontwikkel moet word ten einde in die onmiddellike behoeftes van hierdie gemeenskap te voorsien. Ken ook ‘n afgeronde bedrag aan elke diens toe, sodat julle nie die begroting oorskry nie. (Hiervoor sal julle dalk ‘n paar oproepe moet maak. Wat is byvoorbeeld die koste van ‘n toegeruste ambulans? Wat is boukoste tans? Hoeveel vra Telkom vir die installering van openbare telefone? ens.)

DIENS BERAAMDE KOSTE
TOTAAL R

[LU 1.1]

Waarvandaan kry die regering die geld om projekte soos hierdie aan te pak?

[LU 1.4]

Skryf nou as verteenwoordiger van die gemeenskap ‘n brief aan die minister van Staatkundige Ontwikkeling waarin jy verduidelik wat die spesifieke gemeenskap se onmiddellike behoeftes is en hoe julle voel die R5 000 000 aangewend moet word. Motiveer elke stelling deeglik.

Die Minister van Staatkundige Ontwikkeling

Posbus 2

PRETORIA

0002

[LU 2.1; 2.2; 2.3]

‘n Laaste taak vir hierdie module: Veronderstel die gemeenskap wil na ‘n jaar of twee sommige van hierdie dienste uitbrei / verbeter of selfs nuwe dienste instel, hoe kan hulle geld daarvoor insamel?

Bestudeer weer die skets op bladsy 6 en kom na vore met idees vir fondsinsamelingsprojekte. Hou die spesifieke ligging van die gemeenskap in gedagte en maak ‘n studie van die omgewing rondom Cathcart. Is daar nie dalk moontlike geleenthede om mense en beleggers te lok nie?

[LU 4.1]

Assessering

LU 1

DIE EKONOMIESE KRINGLOOP

Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.1 onderskei tussen verskillende vlakke van behoeftes en verduidelik hoe daar daarin voorsien kan word;

1.2 identifiseer en beskryf die staat se rol in die gebruik van hulpbronne en dienste;

1.4 onderskei tussen direkte belasting (bv. Inkomstebelasting) en indirekte belasting (bv. BTW, belasting op brandstof).

LU 2

VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELING

Die leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink.

Dit is duidelik as die leerder die volgende doen:

2.1 beskryf die verandering in lewenstyl, lewenstandaard en verbruikspatrone van selfversorgende na moderne samelewings;

2.2 verduidelik die begrip ekonomiese groei en ontwikkeling, en die impak daarvan op die ontwikkeling van gemeenskappe en die samelewing;

2.3 ondersoek persoonlike stappe en houdings om die lewenstandaard te verbeter (bv. Die ontwikkeling van entrepreneursvaardighede, die opbouende gebruik van tyd en hulpbronne om ‘n gesonde omgewing te bevorder).

LU 4

ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te

ontwikkel.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 identifiseer die spesifieke entrepreneursvaardighede wat nodig is om toeriste na eie gemeenskap te lok.

4.2 ontwikkel en gebruik waarnemingsblaaie en vraelyste om ‘n behoeftebepaling in die skool of gemeenskap te doen.

Memorandum

Groepwerk

a. Tabel. Leerders lys openbare goedere en dienste wat in elkeen van die illustrasies geïdentifiseer word.

b. Belasting, buitelandse skenkings en internasionale organisasies.

Questions & Answers

I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 05, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10973/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask