<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 5

Wat beïnvloed my bestaan?

Module 3

Regering se invloed

Die invloed wat die regering op mense se bestaan het

Suid-Afrika is ‘n demokratiese land. Dit beteken dat alle burgers gelyk is – almal is ewe belangrik. Dit was egter nie altyd die geval nie. Voor 1994 was daar wette in Suid-Afrika wat bepaal het dat mense volgens ras in sekere gebiede moes woon en die kinders moes ook volgens hierdie beginsel na sekere skole en opvoedkundige instansies gaan. In hierdie bestel het sekere groepe meer finansiële steun van die regering ontvang en is hul lewenskwaliteit direk daardeur beïnvloed.

Bespreek in jul groepe:

Dink julle dit is regverdig dat sekere groepe bo ander bevoordeel word? Dink julle dit gebeur vandag nog in Suid-Afrika?

[LU 1.2]

Ons gaan in module 2 ‘n deeglike studie maak van lewenskwaliteit binne bepaalde gemeenskappe.

Om alle landsburgers, waarvan jy een is, se regte te beskerm, is daar ‘n stel reëls geformuleer - DIE GRONDWET. Die polisie help om te probeer verseker dat almal binne hierdie stel reëls lewe, want dit bied aan ons beskerming.

  1. Hier volg ‘n paar van die regte van ons landsburgers:
  • Almal behoort veilig te voel – niemand mag jou seermaak nie.
  • Almal is vry om ‘n godsdiens van hul keuse te beoefen.
  • Mense moet skool toe gaan.
  • Jy mag die taal van jou keuse praat.
  • Almal moet ‘n huis hê om in te woon.
  • Mense moet ons grond, plante en diere goed oppas – dit is lewe.
  • Kan jy dalk nog ‘n paar byvoeg?
  • In die volgende koerantberig is iemand se regte aangetas. Lees dit en bespreek dit in julle groepe .

REGTE VAN MISDADIGERS BELANGRIK

Geluk aan Alex Carmichael met sy oorwinning oor, onder andere, die polisie, aangaande die regte van slagoffers van geweld en misdaad. Dit is hoog tyd dat iemand iets doen omtrent die regte van die talle mense wat aan die ontvangkant is van die optrede van tiranne en mense wat die regte van andere vertrap. Deesdae lyk dit asof slegs hierdie mense regte en voorregte het, en nie hulle slagoffers nie.

Ons leef in ‘n siek samelewing as gevolg van die verrotting in ons gemeenskappe. Lewe is goedkoop – menselewens het minder waarde as dié van slagdiere. Oortreders word soms vir ‘n kort rukkie tronk toe gestuur waar hulle kos, klere en mediese sorg ontvang, want dit is hulle reg – daarvoor betaal die slagoffer ook deur middel van inkomstebelasting. Dikwels doen die slagoffer ernstige beserings op, of die gesin se broodwinner word vermoor, wat dan die gesin op die rand van hongersnood bring. Die oortreders behoort die slagoffers finansieel vir hulle wandade te vergoed. Miskien moet ons ‘n vakbond stig wat sal omsien na die belange van die slagoffers van geweld en misdaad sodat geregtigheid kan seëvier.

Peter Barton

Plumstead

(Vertaal uit Engels)

Kyk of julle self ook koerantberigte en/of artikels kan opspoor waar een van die regte/reëls in die lys op die vorige bladsy verbreek is . Julle opvoeder sal dit met julle in die klas bespreek.

Onthou – jy is ook ‘n landsburger en het ook regte wat deur ander gerespekteer moet word.

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 05, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10973/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask