<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Volhoubare groei en ontwikkeling

Module 9

Gebruik van tegnologie

Tegnologiese vooruitgang of -ontwikkeling, wat die gebruik van nuwe en verbeterde tegnieke of produksiemetodes behels, stel werkers in staat om addisionele uitsette of produksie te lewer met dieselfde hoeveelheid hulpbronne. Sulke verbeterings verminder die produksiekoste van die goedere en dienste. Dit beteken dat 'n kleiner inset ten opsigte van menslike en fisiese kapitaal per eenheid benodig word.

Tegnologiese ontwikkeling word te weeg gebring deur investerings in kapitaaltoerusting en navorsingsprojekte. Om die rede sal ontwikkelings op die gebied van tegnologie (en wetenskap) groter investering verg, wat opofferings in terme van (verminderde) verbruik sal genoodsaak.

Aktiwiteit 1:

LU 2.4

Tegnologiese ontwikkelings

  • Maak 'n plakkaat waarop jy die volgende verbeterings in tegnologie aandui:
  • vervanging van mensearbeid deur masjiene;
  • ontwikkeling van stoomenjin na binnebrandmasjien na hidro-elektriese krag na kernkrag;
  • ontwikkelings op die gebied van telekommunikasie;
  • ontwikkelings op die gebied van vervoer.
  • (Maak 'n keuse uit enigeen van bogenoemde)

Hierdie tegnologiese ontwikkelings het almal se lewenswyse oor die afgelope 250 jaar aansienlik verander en in die proses gelei tot 'n verbetering in die lewensstandaard.

Tegnologiese vooruitgang kan enige van twee vorme aanneem:

1. 'n UITVINDING , wat die ontdekking van nuwe produkte of nuwe prosesse behels, of

  1. 'n INNOVERING , wat die praktiese omskakeling na nuwe tegnieke behels – dit kan ook gesien word as die ekonomiese aanwending van 'n UITVINDING.

Nota:

  • UITVINDINGS IS BELANGRIK, MAAR SONDER INNOVEERDERS KAN UITVINDINGS BLOOT MOOI IDEES WEES WAT WAG OM GEIMPLIMENTEER TE WORD.

Aktiwiteit 2:

LU 2.4

Uitvindings en innoverings

  • Doen navorsing oor die volgende twee persone:
  • HENRY FORD, wat beskou word as die vader van die Model T-Ford, en
  • RAY KROC, wat beskou word as die vader van McDonalds
  • Besluit of hulle innoveerders of uitvinders was, en motiveer jul besluit. Skryf die opsomming van jou navorsing hieronder neer.

Alhoewel tegnologiese ontwikkelings 'n belangrike rol in die bevordering van materiele welvaart en die verbetering van die lewensstandaard gespeel het, moet besef word dat dit nie genoegsame voorwaarde vir volhoubare ekonomiese groei is nie. Voordat moderne tegnologie ekonomiese groei kan bewerkstellig moet die arbeidsmag voldoende kundigheid opdoen om die komplekse masjinerie baas te raak en ook in stand te hou. Opleiding en die aanleer van basiese vaardighede vorm dus 'n belangrike voorvereiste vir die suksesvolle ontplooiing van tegnologie. Ten einde dit te bewerkstellig is groter investering in formele en informele opleiding 'n noodsaaklikheid.

Bron geraadpleeg:

  • Gwartney, James D ECONOMICS, Private and Public Choice, Sixth Edition

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik as die leerder:
2.1 die wyse waarop die nasionale begroting gebruik word om groei te beïnvloed en ekonomiese ongelykhede te stel, kan ondersoek en verduidelik;
2.2 die wyse waarop die HOP kan gebruik gewees het om ekonomiese groei en heropbou te stimuleer (bv. kapasiteitsuitbouing, werkgeleenthede), kan ondersoek;
2.3 die belangrikheid van besparing vir beleggings kan bespreek;
2.4 die wyse waarop tegnologie kan bydra tot verhoogte produktiwiteit, ekonomiese groei en lewenstandaard, kan ondersoek en daaroor verslag kan doen.

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask