<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Materie en stowwe

Module 52

Die toestande waarin materie voorkom

Aktiwiteit:

Om die drie vorms waarin materie voorkom, te bespreek

[lu 1.3.1, 1.2.2, 1.2.3]

Kyk of jy die geskommelde letters kan regpak om die drie vorms van materie neer te skryf.

1. s v t e a t f o s

2. s e v i t f I o o

3. s s e a g

Kom ons kyk na elke vorm se eienskappe. Van watter een praat ons nou?

Eie vorm, het massa, kan dit sien, neem ruimte in:

Nie eie vorm nie, kan dit sien, neem ruimte in:

Nie eie vorm nie, kan dit nie sien nie:

Materie kan van vorm verander

Wat, dink jy, kan in al drie vorms verander?

Probeer die volgende (3):

Maak interessante ysblokkies in ‘n vrieskas. Gooi sommer blaartjies of ‘n mooi blommetjie in elke hokkie saam met die water. Wag totdat dit gevries het.

Die water het nou hard geword. Wat noem ons dit?

Ons noem dit ._________________

Teken dit.

Haal die ysblokkies uit die houertjie en sit vier in ‘n potjie op ‘n stofie en vier ander in ‘n ander houer. Wat gebeur met die ysblokkies op die stofie?

Die ysblokkies het nou weer verander. Wat noem ons dit nou?

Ons noem dit ____________________

Teken dit.

Wat gebeur met die ander blokkies? Wat help dat ysblokkies vinniger smelt?

Laat die water in die potjie op die stoof nou lekker vinnig kook.

Wat gebeur nou met die water? Wat noem ons dit?

Ons noem dit ________________

Teken dit.

Wat is die temperatuur as water kook?

Wat is die temperatuur as water vries?

Probeer die volgende (4):

Neem vier ysblokkies. Plaas een in die yskas, een op ‘n tafel, een by ‘n brandende kers, een in ‘n glashouer. Maak ‘n grafiek op die bord deur elke halfuur te kyk teen watter tempo elkeen smelt.

Wat is jou gevolgtrekking?

My gevolgtrekking is:

Kom ons maak pret! Deel die klasmaats op in drie groepe. Die een groep is die vaste stowwe, die ander groep is die vloeistowwe en die laaste groep is die gasse. Wees kreatief en hou ‘n vertoning oor elkeen se eienskappe! Gebruik musiek, rommel, snaakse kostuums of klere en hope kreatiwiteit!

Sommige veranderinge in materie is tydelik, ander permanent

Probeer die volgende (5):

Bring 10 verskillende houers skool toe en gooi elke keer dieselfde glas water in ‘n ander houer. Kyk hoe verander die water van vorm.

Bespreek die volgende veranderinge:

sneeu op die berge;

waterplasse op die skoolterrein;

wasgoed;

wasem in ‘n stort;

ysblokkie.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die l eerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaarde

Dis duidelik wanneer die leerder

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel, bv.:

1.2.1 toets eie idees uit van hoe materiaal moontlik sal reageer;

1.2.2 herhaal die aktiwiteite op verskillende maniere en ervaar die verskynsel op ander maniere.

1.2 data evalueer en bevindings kommunikeer, bv.:

1.3.1 beskryf eie persepsies van die gebeurtenis met betrekking tot die doel van die ondersoek.

Memorandum

  • Kyk of jy die geskommelde letters kan regpak om die drie vorms van materie neer te skryf.

1. s v t e a t f o s : vaste stof

2. s e v i t f I o o : vloeistof

3. s s e a g : gasse

KOM ONS KYK NA ELKE VORM SE EIENSKAPPE:

Van watter een praat ons nou?

  • Eie vorm, het massa, kan dit sien, neem ruimte in: vaste stof
  • Nie eie vorm nie, kan dit sien, neem ruimte in: vloeistof
  • Nie eie vorm nie, kan dit nie sien nie: gasse

MATERIE KAN VAN VORM VERANDER

Probeer die volgende (3)

  • Wat, dink jy, kan in al drie vorms verander? Teken elkeen in sy eie blokkie en maak ‘n byskrif by elkeen.Antwoord:
  • water kan in al drie vorms verander. Leerders teken ‘n glas water met vloeistof as byskrif, teken ‘n ysblokkie met vaste stof as byskrif en teken ‘n ketel wat water kook met gasse as byskrif.
  • Wat is die temperatuur as water kook?
  • Wat is die temperatuur as water vries? Antwoord:
  • 100 grade C
  • 0 grade C

Probeer die volgende (4)

  • Gevolgtrekking: die een naby die brandende kers smelt die vinnigste, die een in die yskas smelt die stadigste. Hitte laat water gou smelt, koue laat dit stadig smelt.

Probeer die volgende (5)

  • Laat leerders self die eksperiment doen.
  • Veranderinge:
  • sneeu op die berge: die vaste stof verander in vloeistof
  • waterplasse op die berge: vloeistof verander in gas
  • wasgoed: vloeistof verander in gas
  • wasem in stort: gas verander in vloeistof
  • ysblokkie: vaste stof verander in vloeistof

Questions & Answers

A golfer on a fairway is 70 m away from the green, which sits below the level of the fairway by 20 m. If the golfer hits the ball at an angle of 40° with an initial speed of 20 m/s, how close to the green does she come?
Aislinn Reply
cm
tijani
what is titration
John Reply
what is physics
Siyaka Reply
A mouse of mass 200 g falls 100 m down a vertical mine shaft and lands at the bottom with a speed of 8.0 m/s. During its fall, how much work is done on the mouse by air resistance
Jude Reply
Can you compute that for me. Ty
Jude
what is the dimension formula of energy?
David Reply
what is viscosity?
David
what is inorganic
emma Reply
what is chemistry
Youesf Reply
what is inorganic
emma
Chemistry is a branch of science that deals with the study of matter,it composition,it structure and the changes it undergoes
Adjei
please, I'm a physics student and I need help in physics
Adjanou
chemistry could also be understood like the sexual attraction/repulsion of the male and female elements. the reaction varies depending on the energy differences of each given gender. + masculine -female.
Pedro
A ball is thrown straight up.it passes a 2.0m high window 7.50 m off the ground on it path up and takes 1.30 s to go past the window.what was the ball initial velocity
Krampah Reply
2. A sled plus passenger with total mass 50 kg is pulled 20 m across the snow (0.20) at constant velocity by a force directed 25° above the horizontal. Calculate (a) the work of the applied force, (b) the work of friction, and (c) the total work.
Sahid Reply
you have been hired as an espert witness in a court case involving an automobile accident. the accident involved car A of mass 1500kg which crashed into stationary car B of mass 1100kg. the driver of car A applied his brakes 15 m before he skidded and crashed into car B. after the collision, car A s
Samuel Reply
can someone explain to me, an ignorant high school student, why the trend of the graph doesn't follow the fact that the higher frequency a sound wave is, the more power it is, hence, making me think the phons output would follow this general trend?
Joseph Reply
Nevermind i just realied that the graph is the phons output for a person with normal hearing and not just the phons output of the sound waves power, I should read the entire thing next time
Joseph
Follow up question, does anyone know where I can find a graph that accuretly depicts the actual relative "power" output of sound over its frequency instead of just humans hearing
Joseph
"Generation of electrical energy from sound energy | IEEE Conference Publication | IEEE Xplore" ***ieeexplore.ieee.org/document/7150687?reload=true
Ryan
what's motion
Maurice Reply
what are the types of wave
Maurice
answer
Magreth
progressive wave
Magreth
hello friend how are you
Muhammad Reply
fine, how about you?
Mohammed
hi
Mujahid
A string is 3.00 m long with a mass of 5.00 g. The string is held taut with a tension of 500.00 N applied to the string. A pulse is sent down the string. How long does it take the pulse to travel the 3.00 m of the string?
yasuo Reply
Who can show me the full solution in this problem?
Reofrir Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask