Kuns en kultuur
Graad 4
Persoonlike en sosiale vaardighede
Module 3
Drama
Drama
Aktiwiteit 1
Om rekwisiete verbeeldingryk te kan gebruik [lu 3.3]
Die bal
O efening
1 :
- Bring ‘n bal klas toe – enige kleur, grootte of tekstuur.
- Deel op in groepe (5 - 8 leerders per groep).
- Improviseer ‘n situasie waarin die bal, of balle, gebruik word as rekwisiet/e.
- Die bal moet gebruik word as ‘n rekwisiet en kan ‘n verskeidenheid van dinge en stemmings voorstel.
- Werk vir vyf minute aan jou toneelstukkie.
- Die toneel moet een minuut lank wees.
- Voer julle toneelstukkie vir die res van die klas op.
Aktiwiteit 2
Om ander se idees te gebruik wanneer ‘n drama geskep word [lu 3.4]
Die bal: ‘n toneelstuk
Met hierdie aktiwiteit gaan jy ‘n kort toneelstukkie skep na aanleiding van die vorige aktiwiteit.
O efening
2 :
- Die titel van die toneelstuk is:
Die Bal .
- Selekteer tonele/bedrywe uit die vorige aktiwiteit .
- Voeg die tonele op so ‘n manier aanmekaar dat dit sin maak.
- Die toneelstuk moet omtrent vyf minute duur.
- Skryf die storielyn en die dialoog op die bord met die samewerking van die opvoeder – dit sal as die teks dien.
- Bied vrywillig aan om die volgende portefeuljes te vul:
- Akteurs
- rekwisiete
- kostuums
- regisseur
- verhoogassistente
- verhoogbestuurder
- souffleurs (iemand wat voorsê indien die akteurs hulle woorde vergeet)
- Repeteer die toneelstuk .
- Voer die toneelstuk op.
Wenke om die toneelstuk te skep en ontwikkel :
- Die bal kan enigiets wees wat jy wil hê dit moet wees – wees kreatief;
- Kies ‘n karakter wat jy graag wil uitbeeld;
- Waar wil jy hê die toneelstuk moet plaasvind?
- Wat wil jy sê?
- Hoe gaan jy dit doen?
- Wat gaan jou karakter dra?
- Wil jy hê dat daar ander rekwisiete ook moet wees?
Assessering
LEERUITKOMS
3:
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.3 saamwerk om eenvoudige rekwisiete verbeeldingryk as stimulusmateriaal te gebruik om te wys hoe dieselfde voorwerp verskillende dinge en verskillende gemoedstemminge kan voorstel;
3.4 uit eie en ander se idees put en dié idees ontwikkel wanneer dramas beplan en saamgestel word.