<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Masjiene is tegnologies-ontwerpte apparate wat werk kan verrig, veral deur energie van een vorm na ’n ander om te skakel.
Klein masjiene kan dus soms baie effektief die drywing doen waarvoor ons as mense bloot nie kans sien nie.
Wanneer jy egter elektriese toerusting koop wat vir jou werkverrigting moet gee, moet jy altyd na die kilowatt-drywing kyk. So sal jy kan bepaal of dit goeie werkverrigting sal gee.
Gevallestudie
Vergelyk TOESTELLE
Gaan vergelyk modelle en pryse by ’n groothandelaar. Let veral ook op na werkverrigting en maak ’n aanbeveling ten opsigte van wat jy kan koop.
Assessering van GEVALLESTUDIE oor toestelle
Kon jy informasie interpreteer en kennis toepas?
[LU 1.3; LU 2.2; LU 2.3]
Elektrisiteit was in die verlede nie altyd vryelik beskikbaar nie en op baie gebiede maak ons steeds op eenvoudige, meganiese toestelle staat.
Kyk na die volgende sketse en bespreek in groepe hoe die volgende toestelle werk, waar krag toegepas moet word en waar die draaipunt op elk is.
Toestel | Gebruik | Punt waar krag toegepas word | Die effek van die krag: waar en hoe |
Botteloopmaker | |||
Besem | |||
Tang | |||
Kruiwa |
Kon jy inligting in kategorieë plaas?
[LU 2.1; LU 2.3]
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit word bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke beplan;
1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.
LU 2
Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;
2.2 inligting kan kategoriseer;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
Toestel | Gebruik | Punt waar krag toegepas word | Die effek van die krag: waar en hoe |
Botteloopmaker |
|
|
Oplig van doppie se rand |
Besem |
|
|
Kort bewegings bo maak groot bewegings onder moontlik |
Tang |
|
|
Handvatsels langer as knyp-aksie, gee krag |
Kruiwa |
|
|
Vrag word versprei tussen wiel en persoon wat stoot |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?