<< Chapter < Page Chapter >> Page >

2. Die TWEEDE PROGRAM sou fokus op die ONTWIKKELING VAN MENSLIKE HULPBRONNE wat sal verseker dat elke persoon in staat sal wees om sy volle potensiaal op die volgende vlakke binne die samelewing te bereik:

a) ONDERWYS EN OPLEIDING wat gelyke geleenthede aan almal sal voorsien ongeag ras, kleur, geslag, taal, ouderdom, godsdiens, geografiese gebondenheid, politieke of ander sienswyse, sodat die nodige kennis en vaardighede ontplooi kan word om kwaliteit produksie, asook 'n beter lewenskwaliteit aan almal te verskaf.

b) KUNS EN KULTUUR wat vryheid van uitdrukking en kreatiwiteit sal bevorder sodat almal toegang sal verkry tot hulpbronne en fasiliteite om hul behoefte aan kuns- en kulturele uitlewing en geletterdheid uit te leef en van die kulturele verarming van die verlede te ontsnap.

c) SPORT EN ONTSPANNING wat verteenwoordigende deelname en volledige beskikbaarheid van fasiliteite en afrigting vanaf voetsoolvlak sal bevorder.

d) JEUGONTWIKKELINGSPROGRAMME wat sal fokus op onderwys, opleiding en werkskepping ten einde die jeug te bemagtig om hul volle potensiaal vir deelname in hul gemeenskappe te bereik

Aktiwiteit 2:

Ontwikkeling van menslike hulpbronne

[lu 2.3]

Groep:

  • Bespreek en doen navorsing oor die suksesse wat bereik is met die bogenoemde programme sedert 1994. Evalueer ook die tekortkominge in die programme en die redes waarom die beoogde doelstellings nie bereik kon word nie. Nota: Evalueer die omstandighede in jou eie omgewing.
  • 'n Behoorlike voorlegging moet voorberei word sodat terugvoer aan die klas gegee kan word en elke aspek bespreek kan word. Skryf jou voorlegging op ‘n folio en na die klasbespreking, skryf die opsomming hieronder neer.

3. Die DERDE PROGRAM sal fokus op die OPBOU VAN DIE EKONOMIE sodat die sterkpunte waaronder mynbou, fabriekswese, landbou, kommersiele en finansiële dienste en die goed ontwikkelde infrastruktuur tot voordeel van almal op die volgende vlakke aangewend en uitgebou word:

a) INTEGRERING VAN HEROPBOU EN ONTWIKKELING waardeur beoog word dat die openbare sektor 'n leidende rol in ontwikkelingsbeplanning sal speel, aangesien verwag word dat die markmeganisme nie op sigself die strukturele aanpassing tot voordeel van die breë bevolking sal kan maak nie.

b) FABRIEKSWESE, HANDEL EN NYWERHEID wat poog om privaat sektor- en regeringsbelange en -ondersteuning te gebruik om investeringsmoontlikhede te verhoog, veral met betrekking tot fabriekswese, werkskepping en basiese behoefte bevrediging.

c) HULPBRON-GEBASEERDE NYWERHEDE soos mynbou, landbou, visserye en bosbou en toerisme wat voorheen deur die wit minderheid gedomineer is, moet tot voordeel van die hele bevolking aangewend word in terme van eienaarskap, werkskepping en bemagtiging.

d) OPGRADERING VAN INFRASTRUKTUUR soos elektrisiteit, telekommunikasie en vervoer sodat dit sal lei tot verbeterde basiese.behoeftebevrediging en ook nuwe en effektiewe ekonomiese aktiwiteite.

e) HERVORMING VAN DIE FINANSIELE SEKTOR wat tans gesentreer is in 'n aantal dominante finansiële groepe, sodat die aspirasies van die nuwe sektore van die ekonomie en veral die behoeftes van die informele en mikro-besighede effektief bevredig kan word.

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask