<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Volhoubare groei en ontwikkeling

Module 8

Die heropbou en ontwikkelingsprogram (hop)

Ten einde die diepgewortelde ongelykhede in die Suid-Afrikaanse samelewing wat deur kolonialisasie, rassisme, apartheid, seksisme en onderdrukkende arbeids- en ander wetgewing daargestel is teen te werk, het die huidige ANC-geleide regering in 1994 die HEROPBOU EN ONTWIKKELINGSPROGRAM (HOP) geformuleer. Die doel was om dit deur middel van VYF programme te laat realiseer.

1 . Die EERSTE PROGRAM sou fokus op VOORSIENING IN DIE BASIESE BEHOEFTES VAN DIE BEVOLKING ten einde te sorg dat almal toegang het tot die volgende "basiese noodsaaklikhede":

a) Skepping van WERKGELEENTHEDE deur gekoördineerde regeringsprogramme wat ook maksimum deelname deur vroue en jong werksoekers sal verseker.

b) GRONDHERVORMING, waarvan herverdeling van grond en die hervestiging van voorheen benadeeldes die kern komponente behels.

c) BEHUISING EN DIENSTE, as die verantwoordelikheid van die demokratiese regering ten einde 'n veilige woonplek aan almal te verseker.

d) WATER EN SANITASIE om in almal se gesondheids- en funksionele behoeftes te voorsien, om produkte te kan verbou en om ekonomiese ontwikkeling te ondersteun.

e) KRAGVOORSIENING EN ELEKTRIFISERING aan alle huishoudings, om produksiekapasiteit te verhoog en om dienste te voorsien aan skole, klinieke en waterverskaffers.

f) TELEKOMMUNIKASIE ten einde universele toegang tot basiese dienste in veral die agtergeblewe gebiede te verseker.

g) VERVOER wat voorsiening maak vir veiligheid, bekostigbaarheid en beskikbaarheid en wat in die openbare belang is.

h) OMGEWINGSBEWARING wat aan almal die reg tot 'n "goeie" lewe deur middel van volhoubare gebruik van die natuurlike hulpbronne waarborg, veral met betrekking tot toegang, veiligheid, gesondheid en deelname in besluitneming.

i) VOEDING waarmee beoog word dat elke persoon so gou as moontlik (binne 3 jaar) toegang sal verkry tot basiese voedingsprogramme om te verseker dat daar geen vrees vir hongersnood sal bestaan nie.

j) GESONDHEIDSORG wat bekostigbaar sal wees en ook tot 'n verbetering in fisiese en geestelike gesondheid sal lei, terwyl die bekamping van siektes, ook in die Suider-Afrikaanse streek, aandag sal geniet.

k) GEMEENSKAPSORG EN -WELVAART wat ten doel het die verkryging van gemeenskapsregte vir almal, die verbetering van ongelykhede van die verlede deur middel van regstellende aksies en die bemagtiging van gemeenskappe om deel te neem aan plaaslike, provinsiale en nasionale inisiatiewe.

Aktiwiteit 1:

Voorsien in basiese behoeftes

[lu 2.3]

Groep:

  • Bespreek en doen navorsing oor die suksesse wat bereik is met die bogenoemde programme sedert 1994. Evalueer ook die tekortkominge in die programme en die redes waarom die beoogde doelstellings nie bereik kon word nie. Nota: Evalueer die omstandighede in jou onmiddellike omgewing.
  • 'n Behoorlike voorlegging moet voorberei word sodat terugvoer aan die klas gegee en elke aspek bespreek kan word. Skryf jou voorlegging op ‘n folio en na die klasbespreking, skryf die opsomming hieronder neer.

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask