<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die waarde van die motor is dan:
Aan die einde van Jaar 1 | R60 000 - 1 (R12 000) | = R48 000 |
Aan die einde van Jaar 2 | R60 000 - 2 (R12 000) | = R36 000 |
Aan die einde van Jaar 3 | R60 000 - 3 (R12 000) | = R24 000 |
Aan die einde van Jaar 4 | R60 000 - 4 (R12 000) | = R12 000 |
Aan die einde van Jaar 5 | R60 000 - 5 (R12 000) | = R0 |
Dit lyk baie soos die formule vir enkelvoudige rente:
waar die jaarlikse persentasie rentekoers en die hoofsom of kapitaal is.
As ons die woord rente met die woord waardevermindering vervang, en die woord hoofsom met die woorde oorspronklike waarde , dan kan ons die formule gebruik:
Dan is die boekwaarde van die bate na jaar:
Byvoorbeeld, die boekwaarde van 'n motor na 2 jaar kan eenvoudig bereken word as volg:
soos verwag is.
Let op die verskil tussen die enkelvoudige rente berekeninge en die enkelvoudige waardevermindering berekeninge: rente voeg waarde tot die oorspronklike bedrag by, terwyl waardevermindering die waarde laat daal!
'n Motor het 'n waarde van R nou. As die waarde teen 'n tempo van p.j. verminder met reglynige waardevermindering, wat is die motor na 5 jaar werd?
Oor 5 jaar is die motor R werd.
'n Klein besigheid koop 'n fotokopieermasjien teen R12 000. Vir belastingopgawe verminder die eienaar die bate oor 3 jaar met die reglynige waardevermindering metode. Watter bedrag sal hy op die belastingsvorm invul na 1 jaar, na 2 jaar en dan na 3 jaar?
Die eienaar wil hê dat die waarde van die kopieermasjien na 3 jaar tot R0 verminder moet word. Dus, die waarde van die kopieermasjien sal met per jaar verminder.
Na 3 jaar is die kopieermasjien niks werd nie.
As ons dieselfde voorbeeld van die motor met 'n oorspronklike waarde van R60 000 beskou, en veronderstel ons kan die motor aan die einde van 'n 5 jaar periode vir R10 000 verkoop. Ons noem hierdie bedrag die "Herwinningswaarde".
Ons veronderstel nogsteeds enkelvoudige waardevermindering oor 'n bruikbare tydperk van 5 jaar, maar in plaas van waardevermindering op die volle waarde van die bate, neem ons nou die herwinningswaarde in ag. Dus word waardevermindering bereken op die bedrag wat ons verwag om nie te verhaal nie, i.e. R60 000 - R10 000 = R50 000.
Die jaarlikse waardevermindering kan dan bereken word: (R60 000 - R10 000) / 5 = R10 000.
In die algemeen, die formule vir enkelvoudige (reglynige) waardevermindering is:
Notification Switch
Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 11)' conversation and receive update notifications?