<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Inleiding

Meetkunde (Grieks: geo = aarde, metria = meet) het ontstaan as die veld van kennis wat ruimtelike verhoudings hanteer. Dit was een van die twee velde van pre-moderne wiskunde. Die ander veld was die studie van getalle. In die moderne tyd het meetkundige begrippe baie kompleks en abstrak geraak en is dit skaars herkenbaar as ʼn uitvloeisel van vroeë meetkunde.

Werk in pare of groepe en bestudeer die geskiedenis van die onstaan van meetkunde. Beskryf die verskillende stadiums van ontwikkeling en hoe meetkunde later gebruik is deur mense om hul lewens te verbeter. Die lys van stadiums moet dien as ʼn riglyn en hoef slegs die minimum vereistes te beskryf.

  1. Antieke Indiese meetkunde (ong. 3000 - 500 V.C.)
    1. Harappanse meetkunde
    2. Vediese meetkunde
  2. Klassieke Griekse meetkunde (ong. 600 - 300 V.C.)
    1. Thales en Pythagoras
    2. Plato
  3. Hellenistiese meetkunde (ong. 300 V.C - 500 N.C )
    1. Euclides
    2. Archimedes

Vierhoeke

In hierdie afdeling sal ons kyk na die eienskappe van sekere spesiale vierhoeke. Ons sal dan hierdie eienskappe gebruik om meetkundige probleme op te los. Dit is belangrik om daarop te let dat alhoewel al die eienskappe van ʼn figuur gegee word, benodig ons net sekere unieke eienskappe van die vierhoek om te bewys dat dit wel daardie spesifieke vierhoek is. Byvoorbeeld, as ons ʼn vierhoek het met twee pare parallellesye, dan is daardie vierhoek ʼn parallelogram. Ons kan dan die ander eienskappe van die vierhoek aflei deur ons kennis van parallellelyne en driehoeke te gebruik.

Trapesium

ʼn Trapesium is ʼn vierhoek waarvan ten minste een paar teenoorgestelde sye parallel loop. Dit word soms ook ʼn trapesoïed genoem. ʼn Spesiale tipe trapesium is die gelykbenige trapesium , waar een paar teenoorstaande sye parallel is en die ander paar ewe lank is. Die hoeke aan die eindpunte van elke parallelle sy is ewe groot. ʼn Gelykbenige trapesium het een lyn van simmetrie en sy hoeklyne is ewe lank.

Voorbeelde van trapesiums

Parallelogram

ʼn Trapesium met beide pare teenoorstaande sye parallel, word ʼn parallelogram genoem. ʼn Opsomming van die eienskappe van ʼn parallelogram is:

  • Beide pare teenoorstaande sye is parallel.
  • Beide pare teenoorstaande sye is ewe lank.
  • Beide pare teenoorstaande hoeke is ewe groot.
  • Beide hoeklyne/diagonale halveer mekaar (d.w.s. hulle sny mekaar in die helfte)
ʼn Voorbeeld van ʼn parallelogram

Reghoek

ʼn Reghoek is ʼn parallelogram met al vier hoeke ewe groot en gelyk aan 90 . ʼn Opsomming van die eienskappe van ʼn reghoek is:

  • Beide pare teenoorstaande sye is parallel.
  • Beide pare teenoorstaande sye is ewe lank.
  • Die hoeklyne halveer mekaar.
  • Die hoeklyne is ewe lank.
  • Alle hoekpunte is regte hoeke.
Voorbeeld van ʼn reghoek

Rombus / ruit

ʼn Rombus (ruit) is ʼn parallelogram waarvan al vier sye ewe lank is. ʼn Opsomming van die eienskappe van ʼn rombus is:

  • Beide pare teenoorstaande sye is parallel.
  • Al vier sye is ewe lank.
  • Beide pare teenoorstaande hoeke is ewe groot.
  • Die diagonale halveer mekaar met hoeke van 90 .
  • Diagonale halveer die teenoorstaande hoeke.
ʼn Voorbeeld van ʼn ruit, ʼn parallelogram met al vier sye ewe lank

Questions & Answers

how to create a software using Android phone
Wiseman Reply
how
basra
what is the difference between C and C++.
Yan Reply
what is software
Sami Reply
software is a instructions like programs
Shambhu
what is the difference between C and C++.
Yan
yes, how?
Hayder
what is software engineering
Ahmad
software engineering is a the branch of computer science deals with the design,development, testing and maintenance of software applications.
Hayder
who is best bw software engineering and cyber security
Ahmad
Both software engineering and cybersecurity offer exciting career prospects, but your choice ultimately depends on your interests and skills. If you enjoy problem-solving, programming, and designing software syste
Hayder
what's software processes
Ntege Reply
I haven't started reading yet. by device (hardware) or for improving design Lol? Here. Requirement, Design, Implementation, Verification, Maintenance.
Vernon
I can give you a more valid answer by 5:00 By the way gm.
Vernon
it is all about designing,developing, testing, implementing and maintaining of software systems.
Ehenew
hello assalamualaikum
Sami
My name M Sami I m 2nd year student
Sami
what is the specific IDE for flutter programs?
Mwami Reply
jegudgdtgd my Name my Name is M and I have been talking about iey my papa john's university of washington post I tagged I will be in
Mwaqas Reply
yes
usman
how disign photo
atul Reply
hlo
Navya
hi
Michael
yes
Subhan
Show the necessary steps with description in resource monitoring process (CPU,memory,disk and network)
samuel Reply
What is software engineering
Tafadzwa Reply
Software engineering is a branch of computer science directed to writing programs to develop Softwares that can drive or enable the functionality of some hardwares like phone , automobile and others
kelvin
if any requirement engineer is gathering requirements from client and after getting he/she Analyze them this process is called
Alqa Reply
The following text is encoded in base 64. Ik5ldmVyIHRydXN0IGEgY29tcHV0ZXIgeW91IGNhbid0IHRocm93IG91dCBhIHdpbmRvdyIgLSBTdGV2ZSBXb3puaWFr Decode it, and paste the decoded text here
Julian Reply
what to do you mean
Vincent
hello
ALI
how are you ?
ALI
What is the command to list the contents of a directory in Unix and Unix-like operating systems
George Reply
how can i make my own software free of cost
Faizan Reply
like how
usman
hi
Hayder
The name of the author of our software engineering book is Ian Sommerville.
Doha Reply
what is software
Sampson Reply
the set of intruction given to the computer to perform a task
Noor
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask